Dinsdag 22 September – God versterk om ander te versterk

Handelinge 14: 21-23

’n Klein seuntjie roep benoud uit sy kamer: Mamma, ek is bang! Sy ma antwoord: Moenie bang wees nie, Jesus is by jou. Maar die seuntjie roep terug: Ek wil iemand hê met ’n regte vel aan. Hierdie kind se behoefte wys iets wat ons almal ken – dat ons in tye van nood iemand tasbaar, naby en teenwoordig soek.

Paulus se eerste sendingreis eindig nie met ’n triomf nie, maar in vervolging en teenstand vir die jong gemeentes in Listra, Ikonium en Antiogië. Hy besef hulle het geestelike ondersteuning nodig. In plaas van ’n brief of ’n gestuurde afgevaardigde, verander Paulus self sy planne om hulle persoonlik te besoek – hy kom na hulle toe met ’n regte vel aan.

Hy versterk hul geloof deur aanmoediging, gebed en praktiese leiding. Die gemeentes kies geloofsleiers (ouderlinge) en word toegewyd aan die Here. Hierdie konkrete optrede gee hulle nuwe moed om in moeilike tye staande te bly.

Die Here bring vir hulle nuwe perspektief: Die pad na die koninkryk gaan deur verdrukking. Hulle moet nie vasval in hul nood nie, maar bly glo en werk ál is die pad vol struikelblokke.

In ons eie tyd, beleef ons iets soortgelyks. Ons vra ook: Waarheen nou? Geloof voel soms soos ’n doodloopstraat. Maar God stuur steeds mense met ’n regte vel aan – gelowiges wat deur teenwoordigheid, bemoediging en hulp mekaar dra. Soms fisies, soms deur ’n oproep, ’n boodskap, ’n gebed.

God se plan gaan voort, al voel dit soms of alles stilgestaan het. Daarom roep Hy jou op om nie passief te wees nie, maar saam met Hom te beplan en jou plek vol te staan. Neem verantwoordelikheid, organiseer en bou – in jou lewe, in sy kerk en koninkryk.

Want wanneer jy ander dien en hoop bring, word jy self ook versterk.

Gebed

Here ons God, U is ons toevlug en krag in elke nood. Sterk ons geloof, verlig ons twyfel, en lei ons op u pad. Gee ons moed om u wil te doen en liefde om ander te dien. Amen.

Ds Danie Taljard, Sionshoogte

Maandag 21 September – Bid, vra, doen, herhaal

1 Samuel 30: 1-8Het jy al iets beleef dat jy net kon huil totdat daar niks oor is om mee te huil nie? Dalk ’n verlies of skoknuus wat jou heeltemal platgeslaan het? Dawid het ook só ’n oomblik beleef en hoe hy dit hanteer het, gee ons vandag rigting en hoop.In die...

read more

Sondag 20 September – God in die ergste oomblikke

Genesis 39: 20b-21Mark Manson het gesê: Die grootste verandering in perspektief by mense gebeur gewoonlik naby die einde van ons ergste oomblikke. Die intense pyn van krisisse dwing ons om belangrike vrae oor God te vra, die betekenis van lewe, en waarom my keuses nie...

read more

Saterdag 19 September – God is aan ons kant

Psalm 56Ek het op skool altyd so bietjie ongemaklik gevoel as ons voor ’n hokkiewedstryd gebid het. Natuurlik hoop en wens ons vir ’n wen, maar hoekom sal die Here óns dan nou laat wen – die ander span bid dan nou vir dieselfde ding? So ons het maar gebid dat niemand...

read more

Vrydag 18 September – God is in beheer

Job 38: 24-38Het jy al beleef hoe sterk die wind deur die nag kan waai? Dit kan behoorlik klink soos ’n groot storm wat wil aankom. Maar dan word jy in die oggend wakker en die hemel is weer oortrek met ’n wolkkombers en kry ons weer lekker koud. Maar die lente is in...

read more

Donderdag 17 September – Ons is hier vir ’n rede

Handelinge 17: 26-27Hierdie verse wat ons gelees het, herinner ons aan ’n diepgaande waarheid: God is almagtig en heers oor elke aspek van ons lewens, ook waar en wanneer ons leef. Dit is nie per toeval dat jy op hierdie spesifieke tyd in die geskiedenis leef, of jou...

read more

Woensdag 16 September – Vind rus in God

Matteus 6: 25-34Hoe belangrik is dit vir jou om te rus, om te herlaai? Hierdie kan dalk klink na ’n maklike vraag met ’n maklike antwoord, maar in die tyd waarin ons leef raak dit al hoe belangriker en ongelukkig al moeiliker. In ’n wêreld waar uitslae, status en...

read more