Dinsdag 22 September – God versterk om ander te versterk
Handelinge 14: 21-23
’n Klein seuntjie roep benoud uit sy kamer: Mamma, ek is bang! Sy ma antwoord: Moenie bang wees nie, Jesus is by jou. Maar die seuntjie roep terug: Ek wil iemand hê met ’n regte vel aan. Hierdie kind se behoefte wys iets wat ons almal ken – dat ons in tye van nood iemand tasbaar, naby en teenwoordig soek.
Paulus se eerste sendingreis eindig nie met ’n triomf nie, maar in vervolging en teenstand vir die jong gemeentes in Listra, Ikonium en Antiogië. Hy besef hulle het geestelike ondersteuning nodig. In plaas van ’n brief of ’n gestuurde afgevaardigde, verander Paulus self sy planne om hulle persoonlik te besoek – hy kom na hulle toe met ’n regte vel aan.
Hy versterk hul geloof deur aanmoediging, gebed en praktiese leiding. Die gemeentes kies geloofsleiers (ouderlinge) en word toegewyd aan die Here. Hierdie konkrete optrede gee hulle nuwe moed om in moeilike tye staande te bly.
Die Here bring vir hulle nuwe perspektief: Die pad na die koninkryk gaan deur verdrukking. Hulle moet nie vasval in hul nood nie, maar bly glo en werk ál is die pad vol struikelblokke.
In ons eie tyd, beleef ons iets soortgelyks. Ons vra ook: Waarheen nou? Geloof voel soms soos ’n doodloopstraat. Maar God stuur steeds mense met ’n regte vel aan – gelowiges wat deur teenwoordigheid, bemoediging en hulp mekaar dra. Soms fisies, soms deur ’n oproep, ’n boodskap, ’n gebed.
God se plan gaan voort, al voel dit soms of alles stilgestaan het. Daarom roep Hy jou op om nie passief te wees nie, maar saam met Hom te beplan en jou plek vol te staan. Neem verantwoordelikheid, organiseer en bou – in jou lewe, in sy kerk en koninkryk.
Want wanneer jy ander dien en hoop bring, word jy self ook versterk.
Gebed
Here ons God, U is ons toevlug en krag in elke nood. Sterk ons geloof, verlig ons twyfel, en lei ons op u pad. Gee ons moed om u wil te doen en liefde om ander te dien. Amen.
Ds Danie Taljard, Sionshoogte
Woensdag 29 Julie – Ontnugterde geloof
Hebreërs 11: 1-16 Ontnugter. Hierdie woord is waarskynlik ’n raak beskrywing van hoe ons die lewe met tye ervaar. Om ontnugter te wees, beteken dat jy van alle illusies ontneem word, dat jy ruwe teleurstelling beleef. As gelowiges probeer ons om vanuit ons geloof sin...
Dinsdag 28 Julie – Geroepenes van God
Jeremia 1: 1-19 Ons het dikwels die wanopvatting dat net sekere mense geroep is tot sekere werke. As ons egter vanuit ’n geloofsperspektief na roeping kyk, sien ons die ganse Bybel vertel ’n roepingsverhaal. God is die Een wat roep – verskillende mense op verskillende...
Maandag 27 Julie – ’n Weduwee se geloof
Markus 12: 38-44 (AFR2020) In Markus 12 onderrig Jesus die dissipels na aanleiding van sy vroeëre strydgesprekke met die Fariseërs, Sadduseërs en Skrifkenners. Die eerste gedeelte van Jesus se onderrig bevat ’n waarskuwing teen die skrifkenners: Pasop vir die...
Sondag 26 Julie – Geloof vra te veel van my
Markus 10: 17-31 Iemand kom na Jesus aangehardloop met ’n vraag wat in hom brand: Wat moet hy doen om die ewige lewe te verkry? Die man wat na Jesus toe kom, kom sy lewe lank die reëls van geloof na. Maar wat méér kan hy doen? Hy is op soek na iets dieper. En dan daag...
Saterdag 25 Julie – Nog reislesse
Lukas 24: 13-25 Twee van Jesus se volgelinge stap die Sondag na Jesus se opstanding die ongeveer sewe myl van Jerusalem af na die dorpie Emmaus. Waar Emmaus geleë is, kan ons nie met sekerheid sê nie. Soos die meeste feesgangers was hul op pad huis toe na die Pasga....
Vrydag 24 Julie – Kar-kategismus
Deuteronomium 6: 4-9 Ons gesin bly ’n hele entjie van die skool af en baie kosbare tyd word daagliks in die kar spandeer. Ek lees nou die dag dat ’n bekende skrywer van kar-kategismus praat. My kinders was baie verbaas toe ek hulle oortuig het dat kar-kategismus sy...