Vrydag 18 September – God is in beheer
Job 38: 24-38
Het jy al beleef hoe sterk die wind deur die nag kan waai? Dit kan behoorlik klink soos ’n groot storm wat wil aankom. Maar dan word jy in die oggend wakker en die hemel is weer oortrek met ’n wolkkombers en kry ons weer lekker koud. Maar die lente is in die lug, al is dit nog bietjie koelerig – ’n mens ruik die lente aankom. En soos wat die son weer alles begin ontdooi, voel dit sommer weer soos ’n nuwe lewe.
Die draai van die seisoen kan maklik by ons verby gaan as maar net weersomstandighede. Maar as ’n mens net vir so ’n oomblik weer presies onthou van al die fisiese magte wat in spel is wat ons seisoene laat draai, dan besef ’n mens weer die wonder en die grootheid van ons God. Dat Hy alles gemaak het en dit so in plek hou. Ook die seisoene is in sy hand. Die wind en die wolke, die hitte en die koue. Dit alles kan ons met allerhande wetenskaplike formules en mikroskope, teleskope en barometers en watse skope of meters ook al verduidelik. Maar dit is God wat dit gemaak het en sy skepping in stand hou.
Job is ’n ingewikkelde boek wat ’n mens eintlik in sy geheel moet aanpak. Maar hier aan die einde van die boek vra die Here vir Job ’n klomp vrae, wat Job natuurlik laat besef dat Hy nie opgewasse is teen God nie. In hierdie vrae openbaar die Here eintlik oor en oor nog meer oor Homself. Dit is Hy wat al hierdie dinge doen. Hy is die Almagtige wat alles (en vir jou en my!) in sy hand hou. Aan Hom kom al die eer toe.
Gebed
Dankie Here dat ons u hand ook in die seisoene rondom ons mag sien. Amen.
Ds Liza Jansen, Witbank-Suid
Sondag 5 Julie – U het my die paaie van die lewe geleer
Handelinge 2: 25-28; 13: 35; Psalm 16: 8-11 U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul (Hand 2: 28) Tydens Petrus se toespraak op Pinksterdag en ook gedurende Paulus se besoek aan Pisidië maak hulle beide daarvan gebruik om...
Saterdag 4 Julie – Waarom roep julle so benoud na My?
Eksodus 14: 15-31 Die Israeliete was vir honderde jare slawe in Egipte. Hulle het hul identiteit verloor as die uitverkore volk van God. Moses het grootgeword as ’n Egiptenaar. Ten spyte van al die wonders in Egipte, die tien plae en selfs die wolkkolom en die Engel...
Vrydag 3 Julie – Gedeelde spasie
Hebreërs 9: 1-14; 10: 19-22 Die tabernakel en die tempel was die plek waar die Jode verstaan het God se teenwoordigheid is. In die allerheiligste van die tempel was daar kunstige uitbeeldings van bome, vrugte en water wat heenwys na die tuin van Eden. Eden was die...
Donderdag 2 Julie – Baie diep haal Hy my uit
Psalm 18: 1-25 Aan die begin van die Psalm sê Dawid hoe lief hy die Here het. Aan die einde van die verse sê Dawid hoe lief God hóm het. Dit is by die Here waar hy krag kry en veilig voel. Wanneer hy bedreig word wend hy hom tot die Here. God is die een wat tot sy...
Woensdag 1 Julie – God se wingerd
Matteus 21: 33-46; Jesaja 5: 1-7 In die Bybelse tyd het mense verhale vertel, is kennis mondelings oorgelewer en was daar ’n luisterkultuur. Rabbi’s het gereeld stories vertel met ’n oop vraag aan die einde wat die gehoor dan moes beantwoord. In die gelykenis is die...
Dinsdag 30 Junie – God veg vir ons
Josua 10: 1-15 Kanaän was ’n versameling state elk met ’n eie koning. Die Israeliete moet die land verower en Jerigo (Jos 6) en Ai (Jos 8) inval. Gibeon, ’n Kanaänitiese stad, sluit ’n verdrag met die Israeliete deur Josua te bedrieg (Josh 9). Vier Amoritiese konings...