Sondag 23 Augustus (Herdenking van Bartolomeusnag)
As ’n gelowige eerlik kyk na volharding…
Openbaring 2: 8-11
Onder die sewe gemeentes wat in Openbaring aangespreek word, is daar net twee wat geen vermaning van Christus ontvang nie. Smirna is een van hulle. Hierdie gemeente het geleef in ’n stad waar die druk om aan die keiser trou te sweer en hom goddelike eer te bewys, deel van die alledaagse werklikheid was. Smirna was ’n sentrum van keiseraanbidding en rykdom. Gelowiges is daar gemarginaliseer, verwerp en vervolg – hul geloof het inderdaad ’n prys gehad.
Juis daarom is die woorde wat Jesus aan hierdie gemeente rig só opreg en só persoonlik: Ek ken julle verdrukking en julle armoede – en tog is julle ryk (Op 2: 9). En dan volg die oproep: Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee (Op 1: 10).
Om vir jou geloof vervolg te word, is nie iets nuuts nie. Vandag, 23 Augustus, word die Bartolomeusnag van 1572 wêreldwyd herdenk. In daardie nag, kort ná die huwelik van die Protestantse Hendrik van Navarra met die Katolieke Margaretha van Valois, het politieke en godsdienstige spanning in Frankryk in bloedvergieting ontaard. Duisende Franse Hugenote is in Parys en ander stede vermoor omdat hulle nie hul Protestantse geloof wou prysgee nie. Hulle het vasgestaan – soos die gemeente van Smirna.
Meer as 450 jaar later is daar steeds gelowiges wat swaar betaal vir hul belydenis van Christus. In lande soos Noord-Korea, Iran en Somalië word Christene gearresteer, gemartel of selfs tereggestel – bloot op grond van hul geloof. Tog leef ons, as Suid-Afrikaners, meestal in vryheid: sonder vrees, sonder vervolging – maar, dit beteken nie dat ons nie ook uitgedaag word nie.
Die vraag bly: Hoe lyk volharding as dit nie ons lewe kos nie, maar wel ons gemak, reputasie of ons gewildheid?
Volharding vir ’n gelowige gaan verder as ’n bereidheid om vir ons geloof te sterf – dit vra ons ook om daarvoor te lééf: om nie stil te bly of kompromieë te maak nie, maar om in liefde vas te hou aan Christus, die Eerste en Laaste, wat die dood oorwin het en wat die kroon van die lewe belowe aan dié wat getrou bly.
Dr Bernard Prinsloo, Onverwacht
Maandag 25 Mei – Pinksterfees: Krag om te beweeg
Handelinge: 1: 8 Elke jaar hierdie tyd praat ons oor Pinkster. Elke jaar hierdie tyd wonder ons weer oor ons idees van die Gees. En hopelik elke jaar hierdie tyd word ons uitgedaag om dalk nuut te dink oor konsepte wat ons nog altyd aan vasklou wanneer dit by die...
Sondag 24 Mei (Pinksterfees) – Pinksterfees: Profeet in Pinkstertyd
Handelinge 2: 1-4 Van die eerste beelde wat ons van die Gees kry is dat die Gees aan die beweeg was. Sonder enige toedoen van die mense wat daar was, het die Gees oor mense gekom. En daarna was hulle net nie weer dieselfde nie. Die Pinksterfees het aangebreek en graag...
Saterdag 23 Mei – Het deernis met mekaar…
Lukas 6: 36 In Lukas 6: 36 roep Jesus die mens op om barmhartig te wees soos God barmhartig is. Die 1933-, 1983-, en 2020-vertaling vertaal die Griekse woord oiktirô met om barmhartig te wees. Hierdie druk nie presies die betekenis van die Grieks uit nie. In Engels...
Vrydag 22 Mei – Wees heilig
Levitikus 11: 44-45 God se opdrag aan Israel in Levitikus 11: 44-45 om heilig te wees soos God heilig is, volg ná ’n reeks reinheidswette (Lev 11: 1-43). Hierdie wette help Israel om hulself af te sonder, maar agter die oproep tot heiligheid lê ’n dieper verhaal. God...
Donderdag 21 Mei – Skepping vir al
Genesis 1: 1-2 en 4 In die begin het stilte oor die dieptes gewaak, en God se stem breek lig oor donker se krake. ’n Oop aarde, vormloos, sonder rus of rigting, tot die Gees soos asem oor waters beweeg – ’n fluister van skepping, ’n heilige gedig. Dag een het lig teen...
Woensdag 20 Mei – ’n Heilige en gereelde rusdag
Genesis 1: 1-2 en 4 As beeld van God moet ons doen en late in die skepping iets van God as Skepper van die heelal uitdra. Hoe ons met die skepping omgaan, hoe ons met mekaar omgaan. Maar net so belangrik is hoe ons met onsself omgaan in die lewe. Die laaste...