Dinsdag 15 September – Eer Hom in woord en daad

Psalm 24

Die Skepper van die aarde en alles daarop verwag by ons ’n lewenshouding en lewenspraktyke wat Hom bo alles eer en respekteer.

Ons Here soek ons, Hy soek ons gemeenskap. Hy soek ons lof en aanbidding, ons diensbaarheid en liefde. Ons Here wil dat ons oral en altyd by almal en alles aan sy koninkryk sal bou. Máár in hierdie proses, soos by Dawid en die volk destyds soek Hy ons met rein hande, hande wat die goeie doen en die reg met deernis sal bewerk vir ons naaste en die aarde, en met suiwer harte, harte wat lief is vir ons Here en vir mekaar in die kern van ons bestaan, sonder bedrog en valsheid, mense wat geloofwaardig en betroubaar optree.

Die Psalm eindig met uitbundige jubelsange oor die heerskappy van ons Here (verse 7-10). Sy teenwoordigheid by hulle verander Dawid se stad, sy koninkryk in die Godstad, die Here se eiendom. Daar is altyd hoop!

Dis net so waar van ons. Ons behoort aan die gekruisigde Jesus, die opgestane Een, die lewende Lam. Sy Heilige Gees woon in ons en werk vandag deur ons. Ons is vervul deur sy nuwe lewe. Deur Hom het ons ’n nuwe lewe. Die aarde waarin ons bly, behoort aan Hom. Dis sy skepping. Dis nie ons eiendom óf behoort aan menslike konings, aan ekonomiese of aan militêre maghebbers nie. Nee! Die aarde, die skepping, ons, alles behoort aan ons Here! Ons is almal buitengewoon bevoorreg om nou hier te lewe en te laat lewe, met die oog op môre. Verantwoordelik, in sy Naam en met eerbied vir die feit dat Hy alleen regeer!

Gebed

Dankie Here vir die voorreg wat ons het om in u skepping te mag leef. Amen.

Ds Liza Jansen, Witbank-Suid

Woensdag 17 Junie –Die vyf broers

Lukas 16: 19-31 Op die Sondae ná Trinitatis konsentreer die Kerk op Jesus se verkondiging, soos sy gelykenisse. Gelowiges verwys na die gelykenis van die ryk man en Lasarus om antwoorde te kry oor hul vrae (nuuskierigheid) aangaande die lewe ná die dood. Kan die...

read more

Dinsdag 16 Junie – Die Heer en Lewendmaker

Esegiël 37: 1-14 Esegiël 37 bied aan ons een van die mees dramatiese voorstellings van dit wat ons aangaande die Heilige Gees bely, naamlik: dat die Heilige Gees Heer en Lewendmaker is. Wat geboorte kan gee teen alle waarskynlikheid in. Wat lewe kan gee waar dood...

read more

Maandag 15 Junie – Die Gees se wysheid

Handelinge 6: 8-15; 7: 51-58 Gedurigdeur word Israel herinner aan God se dade. Daar word veral na twee gebeure – nogal regdeur die Bybel – verwys om Israel te herinner dat die drie-enige God ’n getroue God is. Die een is dat God Hom telkens bekendmaak as die God van...

read more

Sondag 14 Junie – Ons Trooster

Johannes 14: 15-26 Johannes skrywe dat God uit liefde vir die wêreld handel. Hy stuur sy Seun om die wêreld uit die greep van verlorendheid te red. God het gereeld mense na sy volk gestuur: Moses, die rigters, priesters, konings, profete, apostels. Met die Christus...

read more