Vrydag 11 September – Die kuns van rus

Matteus 11: 28-29

In ’n wêreld waar werk, verantwoordelikheid en druk konstante deel van ons lewens is, kan rus maklik agter gelaat word. Tog nooi die Here ons uit om rus te vind. Jesus sê in Matteus 11: 28-29: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en hulle sal rus kry vir julle gemoed.

Rus is nie net fisies nie maar ook geestelik. Ons vind ware vrede wanneer ons ons laste by die Here neerlê. Dit beteken nie dat ons probleme verdwyn nie, maar dat ons die Here se teenwoordigheid en krag ervaar te midde van ons omstandighede.

Om werklik te rus verg dat ons stil word, dat ons tyd opsy sit om ons te distansieer van die geraas van die wêreld en fokus op God se stem. Rus is nie ledigheid nie, dit is ’n aktiewe vertroue dat God in beheer is, self wanneer ons stil word. Dit gee ons die geleentheid om ons batterye vol te laai en met nuwe krag oor te begin.

Neem vandag tyd om te rus in God se teenwoordigheid. Sluit jou dagboek, skakel jou foon af, en luister na die Here. Onthou rus is ’n seëning en ’n noodsaaklikheid, nie ’n luukse nie.

Lees gerus: Gesang 580: Rus, my siel, jou God is Koning.

Rus, my siel, jou God is Koning,

oral voer Hy heerskappy.

Alles wissel hier op aarde,

onveranderlik is Hy.

Met die kom en gaan van jare

soos die deinings van die see,

wissel alles op die aarde

wissel mense waardes mee.

Elke mens soek na vervulling,

soek met ywer dag na dag,

maar die soeke bring geen rus nie

laat ons dus op Christus wag.

Rus, my siel, jou God is Koning,

leef tevrede uit sy hand;

wát ons tref in hierdie wêreld,

niks verbreek sy liefdesband.

Dr Antionette Janse van Rensburg, Universiteit van Pretoria / Montana

Saterdag 23 Mei – Het deernis met mekaar…

Lukas 6: 36 In Lukas 6: 36 roep Jesus die mens op om barmhartig te wees soos God barmhartig is. Die 1933-, 1983-, en 2020-vertaling vertaal die Griekse woord oiktirô met om barmhartig te wees. Hierdie druk nie presies die betekenis van die Grieks uit nie. In Engels...

read more

Vrydag 22 Mei – Wees heilig

Levitikus 11: 44-45 God se opdrag aan Israel in Levitikus 11: 44-45 om heilig te wees soos God heilig is, volg ná ’n reeks reinheidswette (Lev 11: 1-43). Hierdie wette help Israel om hulself af te sonder, maar agter die oproep tot heiligheid lê ’n dieper verhaal. God...

read more

Donderdag 21 Mei – Skepping vir al

Genesis 1: 1-2 en 4 In die begin het stilte oor die dieptes gewaak, en God se stem breek lig oor donker se krake. ’n Oop aarde, vormloos, sonder rus of rigting, tot die Gees soos asem oor waters beweeg – ’n fluister van skepping, ’n heilige gedig. Dag een het lig teen...

read more

Woensdag 20 Mei – ’n Heilige en gereelde rusdag

Genesis 1: 1-2 en 4 As beeld van God moet ons doen en late in die skepping iets van God as Skepper van die heelal uitdra. Hoe ons met die skepping omgaan, hoe ons met mekaar omgaan. Maar net so belangrik is hoe ons met onsself omgaan in die lewe. Die laaste...

read more

Dinsdag 19 Mei – …en dit was baie goed…

Genesis 1: 1-31 In Genesis 1: 28 sê God vir die mens dat hulle die skepping moet onderwerp en daaroor heers. Die Hebreeuse woorde kan so vertaal word, en dit is hul betekenis. Maar hierdie bevel van God moet gelees word in lig van die voorafgaande. In Genesis 1: 27...

read more