Dinsdag 8 September – Die skat van stilte

Psalm 46: 11

In die wêreld waarin ons lewe is stilte ’n seldsame geskenk, maar tog is stilte nodig. Die Bybel nooi ons uit om stilte te omarm as ’n manier om nader aan God te kom en die Here se stem te hoor. In Psalm 46: 11a lees ons: Bedaar en erken dat Ek God is. Hierdie woorde nooi ons na ’n plek van rus waar ons die grootheid asook die teenwoordigheid van God kan ervaar.

Stilte is nie net die afwesigheid van klank nie, maar ’n diep geestelike ingesteldheid. Dit vra van ons om die geraas van ons gedagtes en ons bekommernisse stil te maak en ons harte oop te maak vir die vrede van die Here.

Daar is krag in stil word. Wanneer ons stil word, maak ons ruimte vir refleksie, gebed en die werking van die Heilige Gees. Dit is in die oomblikke van stilte wat ons besef dat ons nie alleen is nie en dat God ons dra self in moeilike tye.

Neem vandag ’n oomblik van stilte. Sit by die Here en vra die Here om jou hart te vul met vrede en met insig. Al is stilte soms ongemaklik, is dit so belangrik. Laat stilte jou anker wees te midde van die storm.

Mag jy vandag bedaar en in stilte aan die voete van die Here gaan sit.

Lees gerus: Gesang 519: Wees stil en weet: Ek is die Heer.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.

Ek spreek en wind en golwe bedaar,

Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.

Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.

Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.

Kom bring na My jou kommer en vrees.

Ek sal vir jou ’n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.

Bly waak en bid; volhard in geloof.

Ek is by jou soos Ek beloof.

Dr Antionette Janse van Rensburg, Universiteit van Pretoria / Montana

Woensdag 6 Mei – Gelykenis van die verlore skaap

Lukas 15: 1-7 Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet self saam met hulle (Luk 15: 1-2). Jesus vertel dan ’n...

read more

Maandag 4 Mei – Jesus en Saggeus

Lukas 19: 1-10 Saggeus het nie ’n goeie naam gehad nie en was bekend as ’n sondige man. In die samlewing van daardie tyd was hy van baie dinge uitgesluit. Hy was diep bewus van sy eie onwaardigheid. Hy het egter gehoor dat Jesus ’n vriend van tollenaars en sondaars...

read more

Saterdag 2 Mei – 11 Dissipels

Matteus 28: 16-20 Ons ken hierdie gedeelte van Matteus as die Groot Opdrag waar Jesus aan sy dissipels ’n laaste opdrag gee ná sy Opstanding. In SENTIK se boek vir die Belydenisgroep word die vraag gevra hoekom daar net 11 dissipels is, met die antwoord dat die...

read more

Vrydag 1 Mei – Lig vir die nasies

Jesaja 49: 5-6 Jesaja 40-55 trek soms so ’n sterk goue draad na die opstanding van Jesus Christus toe. Beide die volk in ballingskap sowel as die volk in Romeinse onderdrukking, beleef ’n nood tot verligting. Hulle het ’n behoefte om uit hul chaos gered te word. In...

read more