Dinsdag 5 Mei – Die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar

Lukas 18: 9-14

Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander een ’n tollenaar (Luk 18: 9-10).

By die Fariseër was daar selfverheffing en geen eerbied vir God nie.

Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: O God, wees my, sondaar genadig. (Luk 18: 13). Hy was hartseer want hy weet van sy sonde en sy swakheid. Hy het berou daaroor. Hy was bewus van sy verlorenheid. Wanneer hy op sy bors slaan, is dit die teken van sy droefheid oor wie hy self is. Hy weet hy kan homself nie red nie. Daarom pleit en smeek hy om genade by die heilige God.

Hy ontvang genade, wat God aan hom skenk. Jesus het dit bevestig: Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word (Luk 18: 14).

Ook ons is uit genade gered, sonder verdienste. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God (Ef 2: 8). Ons ontvang dit met dankbaarheid.

Ons bid in nederigheid en afhanklikheid van God. Dit is ons troos wanneer ons bid: Net so help die Gees ons ook in ons swakheid. Ons weet nie altyd wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie in woorde gesê kan word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges (Rom 8: 26-27).

Ds Kotie Mc Donald, Emeritus

Donderdag 1 Januarie – Voorneme om te luister

Spreuke 4: 20-23 (AFR2020) My seun, slaan ag op my uitsprake; spits jou ore vir my woorde. Laat hulle nie aan jou oë ontglip nie; bewaar hulle diep in jou hart. Want dit is die lewe vir hulle wat dit vind; vir die hele liggaam bring dit genesing. Bewaak jou hart meer...

read more

Woensdag 31 Desember – Oujaar – nuwe lewe

Esegiël 37: 10 Die laaste dag van die jaar vul ’n mens met dankbaarheid vir dit wat was en opgewondenheid oor dit wat voorlê. Ons oortuig onsself as’t ware dat oor minder as 24 uur die lewe meer rooskleurig gaan wees bloot omdat die laaste syfer van ons jaartal...

read more

Dinsdag 30 Desember – Spreek hoop in die laagte

Esegiël 37: 7-9 Brueggemann sê dat ons as gelowiges ’n tweeledige profetiese taak het. Dit beteken dat ons die verantwoordelikheid het om die waarheid te praat oor ons omstandighede en ons realiteit. Ons mag/moet onreg, pyn en onsekerheid by die naam noem en dus nie...

read more

Maandag 29 Desember – Ek sal my Gees in julle gee

Esegiël 37: 4-6 Ons samelewing herinner ons voortdurend dat individualisme en onafhanklikheid tekens is van ’n sterk persoon. G’n wonder ons is geneig om te dink ons het niemand anders nodig nie – soos ’n peuter wil ons eintlik skreeu: Ek kan self! Terwyl Esegiël in...

read more

Sondag 28 Desember – Here, ek voel uitgeput en droog

Esegiël 37: 2-3 Alhoewel hierdie tyd van die jaar as besig beskou word, is dit ook ’n tyd vir refleksie, afwagting en verwagting. Ons dink terug aan die afgelope jaar – die goeie en die slegte tye. Ons droom oor die nuwe jaar met al die moontlikhede wat dit inhou. Ons...

read more

Saterdag 27 Desember – Oorgawe

’n Sewende entjie: Oorgawe (om oor te gee) is om die self holisties as geskenk aan God te gee. Hierdie oomblik van oorgawe is die beweging vanaf verbondenheid aan God na eenheid met God. Maria het hierdie oomblik ervaar toe sy in Lukas 1: 46-55 (AFR2020) haar loflied,...

read more