Omsendbriewe en ander skrywes

       2026

          1. SAKOV salarisskale vir gemeentemusiekleiers

          van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 23 Januarie 2026

          Die Sinodale Dienssentrum bevestig hiermee dat die nuutste salarisskale van die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging (SAKOV) vir die 2026/2027-finansiële jaar ontvang is.

           2025

              40. Sinodale offergawes: 2026-2027

              van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 4 Desember 2025

              Ons is bewus dat gemeentes hard besig is met die opstel van hul begroting vir voorlegging aan die finansiële komitee, kerkraadsvergadering en gemeentevergadering voor die aanvang van die nuwe finansiële jaar op 1 Maart 2026.
              Die Raad van Finansies het op sy vergadering van 14 November 2025 die begroting vir die 2026/2027-finansiële jaar gekontroleer…

              39. Traktement- en orrelisteskale vir 2026/2027, pensioenbydraes en reistoelaes

              van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 25 November 2025

              Ons is bewus dat gemeentes tans druk besig is met begrotings wat op die eerskomende kerkraadsvergadering bespreek en goedgekeur moet word. In die lig hiervan kommunikeer ons graag die besluite van die Raad van Finansies.

              38. Amptelike WhatsApp-kanale

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 25 November 2025

              Ons leef in ’n tyd waar selfone deel van ons daaglikse lewe geword het. Om kommunikasie binne die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) eenvoudiger en meer toeganklik te maak, het ons amptelike WhatsApp-kanale vir verskillende groepe binne die Kerk geskep.

              37. Dienslewering vanuit die Sinodale Dienssentrum

              van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 24 November 2025

              Hiermee word u in kennis gestel dat die Raad van Finansies goedkeuring gegee het dat die Sinodale Dienssentrum gedurende die komende feestyd gesluit sal wees vanaf:
              12 Desember 2025 tot en met 2 Januarie 2026.

              36. Etiese Kode vir predikante

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 17 November 2025

              Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 6 en 7 November 2025 besluit dat die Proponentsondertekeningsformule soos volg gewysig word.

              35. Vergaderdatums vir 2026 van die Moderamen en Kommissie van die AKV

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 17 November 2025

              Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 6 en 7 November 2025 die volgende vergaderdatums vir 2026 bevestig wat deurgestuur word vir u kennisname.

              34. Bywoning van Algemene Kerkvergaderings

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 17 November 2025

              Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 6 en 7 November 2025 kennis geneem van ’n aantal gemeentes wat die laaste paar Algemene Kerkvergaderings nie bygewoon het nie.

              33. Vertaling van belydenisskrifte

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 17 November 2025

              Dr Nioma Venter, die algemene sekretaris van die NG Kerk, het op 23 September 2025 die volgende skrywe aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gerig.

              32. Premie – begrafnispolis

              van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 13 November 2025

              Volgens predikante se beroepsbrief is hulle verplig om aan die begrafnisdekking deel te neem. Die jaarlikse hersiening van die begrafnisvoordeelskema vir die Nederduitsch Hervormde Kerk is voltooi. Momentum wil u bedank vir u volgehoue deelname en ondersteuning.

              Lees die dokumente:

              31. 74ste AKV: Finale reëlings

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 1 Oktober 2025

              Ons sien uit daarna om u volgende week by die vergadering te verwelkom!

              30. Augustus lidmaattelling

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 25 September 2025

              Ordinansie 2.2 van die Kerkorde bepaal wie beskou word as lidmate van die Kerk. Die 66ste Algemene Kerkvergadering het besluit dat die Augustus-sensusopname verpligtend is.

              Lees die dokumente:

              29. Mnr Van Rooy van den Berg: Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 12 September 2025

              Mnr Van Rooy van den Berg – Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening

              28. Teologiese Opleidingsfonds van die NHKA

              van die Teologiese Opleidingsfonds, 9 September 2025

              Dit is opnuut ‘n besondere voorreg om voor die AKV van 2025 verslag te doen oor die Teologiese Opleidingsfonds (die Fonds) se beleggings en finansiële stand tot einde Februarie 2025.

              27. Toibo spesiale deurkollekte: 7 September 2025

              van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 1 September 2025

              In die antieke tyd was mense met gestremdhede uitgelewer aan ander se genade. Hulle is beskou as minderwaardig en selfs dat hulle deur God gestraf is. Die Joodse wet het bepaal dat hulle nie in die tempel mag diens doen nie (Levitikus 21: 16 tot 23), omdat hulle die heilige voorwerpe sou ontheilig.

              26. Predikantepaneelnavorsing

              van Die Hoof: Sentrum vir Gemeentelike Bediening, 13 Augustus 2025

              Die Moderamen het besluit om saam met die NG Kerk aan hierdie jaar se Predikantepaneelnavorsing deel te neem.

              25. 74ste Algemene Kerkvergadering: Agenda, geloofsbriewe en etes

              van Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 7 Augustus 2025

              Die agenda vir die 74ste Algemene Kerkvergadering is by die volgende skakel beskikbaar: https://nhka.org/amptelik/algemene-kerkvergadering-akv/. U word vriendelik versoek om dit voor die AKV op u rekenaar af te laai. Die webblad van die Kerk sal nie al die verkeer kan dra indien ’n groot aantal afgevaardigdes die agenda tydens die AKV wil aflaai of lees nie.

              24. Rentekoers op Kerkgeld vir Kerkwerkbeleggings

              van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 7 Augustus 2025

              Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het op 31 Julie 2025 ’n verdere rentekoersverlaging van 25 basispunte aangekondig, wat die repo-koers tot 7% en die prima uitleenkoers tot 10.5% verlaag het. Hierdie besluit is geneem teen die agtergrond van gematigde inflasie en positiewe ekonomiese vooruitsigte.

              23. Sinodale offergawes - volhoubaarheidsmodel

              van Die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 9 Junie 2025

              Daar is reeds vir baie lank ’n debat in die Kerk oor die mees toepaslike model waardeur die sinodale uitgawes van die NHKA bekostig kan word. Die bestaande model gaan uit van ’n bydrae per belydende lidmaat.

              22. Preekbeurte

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2025

              Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het by hul vergadering gehou op 5 en 6 Junie 2025 versoek dat daar ’n lys van predikante wat beskikbaar is om preekbeurte waar te neem…

              21. Mev Deirdré van der Merwe: Aansoek om hertoelating tot die evangeliebediening

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Junie 2025

              Mev Deirdré van der Merwe, voormalige predikant van die Kerk en ook tevore werksaam in die Ringe van Germiston (Gemeente Brackenhurst), Krugersdorp (Gemeente Krugersdorp-Wes), Losberg (Gemeente Randfontein Midpark) en Vereeniging (Gemeentes Bethlehem/Reitz), het aansoek gedoen om hertoelating tot die evangeliebediening.

              20. Leef betekenisvol met Pinkster

              van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 29 Mei 2025

              Met Pinkster dink ons onder andere terug aan hoe die Heilige Gees in die eerste gemeente gewerk het. Die ADV Kommissie het besluit om gemeentes en veral individuele gelowiges op te roep om hierdie Pinkstertyd besondere moeite te doen om na mekaar en na ander uit te reik.

              19. Skenk van rentes vir die Fonds vir Sinodale Dienslewering

              van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 7 Mei 2025

              Die Raad van Finansies wil graag die ringskommissies, gemeentes en NHSV-takke bedank dat u surplusfondse in die Kerkgeld vir Kerkwerkstelsel belê. Die Raad se beleggingstrategie is tydens die Covid-19-pandemie gewysig om die beste moontlike opbrengs te verseker.

              18. Rentekoers op Kerkgeld vir Kerkwerk-beleggings

              van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 5 Mei 2025

              Ons wil u graag hiermee inlig dat die rentekoers van die Kerkgeld vir Kerkwerk-stelsel onveranderd op 8.5% per jaar bly.

              17. Hoop vir 'n kind – Kinderbeskermingsweek en spesiale deurkollekte

              van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 30 April 2025

              Kinderverwaarlosing en alle vorme van mishandeling is ’n baie “donker” deel van die samelewing, skryf Nicolene Cordier, assistent-direkteur van Rata.

              16. Oproep na die 74ste Algemene Kerkvergadering

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 23 April 2025

              Volgens Ordinansie 4.4.4 (ii) word almal wat lede is van die 74ste Algemene Kerkvergadering van die NHKA, opgeroep om by die vergadering teenwoordig te wees vanaf Maandag 6 Oktober tot Vrydag 10 Oktober 2025.

              Lees die dokumente:

              15. Pensioenbydraes aangetoon vir die belastingjaar wat eindig op 28 Februarie 2026

              van die Bedryfshoof: Sinodale Dienssentrum, 30 Maart 2025

              Die belastingvoordeel vir die berekening van die predikant se belasting ten opsigte van die 2025/2026-belastingjaar word vir u in dié skrywe uiteengesit.

              14. Geloofsverklaring 2025

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 26 Maart 2025

              Omsendskrywe 35 van 2024 het verwys na Besluit 17 van die 73ste Algemene Kerkvergadering en die voortvloeiende versoek van die Kommissie van die AKV aan prof WA Dreyer om ’n eietydse geloofsverklaring op voetspoor van die Barmen-verklaring van 1934 op te stel..

              13. Nominasies vir die Kuratorium-erepenning (voorheen HCM Fourie-erepenning)

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 26 Maart 2025

              Die Kuratorium is verantwoordelik vir die toekenning van die Kuratorium-erepenning (voorheen HCM Fourie-erepenning) tydens elke Algemene Kerkvergadering. Om die toekenning verantwoordelik te doen, word u vriendelik versoek om nominasies, aan die hand van die aangehegte reglement, bepaling 5, aan die Kuratorium voor te lê vir moontlike oorweging.

              Lees die dokumente:

              12. Almanak 2026 inligting en lidmattelling – Februarie 2025

              van die Afdelingshoof: IT, 17 Maart 2025

              Die opdatering van gemeente- en predikante-inligting asook lidmaattellings geskied met behulp van die e-
              Almanak-toepassing.

              Gemeentes wat reeds oor ’n NHKA-Microsoft 365-lisensie en @nhk.co.za-e-posadres beskik, kan direk
              toegang verkry tot die toepassing via die skakel in hierdie e-pos.

              Lees die dokumente:

              11. Nominasies vir die toekenning van die erepenning vir besondere dienslewering

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 5 Maart 2025

              Komitees, kommissies, gemeentelike komitees, ringskomitees of enige ander kerklike liggaam kry geleentheid om nominasies te maak vir die toekenning van ‘n erepenning vir besondere dienslewering in die Kerk.

              Lees die dokumente:

              10. Verslag aan die 74ste Algemene Kerkvergadering

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 13 Februarie 2025

              Omsendskrywe 3 van 2025 verwys.

              Ringskommissies word opnuut versoek om hulle ringsverslae en beskrywingspunte teen 9 Mei 2025 aan ondergetekende deur te stuur met die oog op opname in die Agenda van die 74ste AKV.

              9. Spesiale deurkollekte: DPS-huise

              van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 13 Februarie 2025

              Die blote gedagte dat kinders verwaarloos, mishandel of wees gelaat word, laat baie mense koud. Ons kan ons gewoonlik nie indink dat iemand so wreed kan wees, of dat sulke tragedies oor kinders se lewens kan kom nie.

              Tog, as Hervormde Kerk wil ons positief betrokke raak, want ons het warm harte vir kinders wat swaarkry. Om die waarheid te sê, ons harte klop al warm vir meer as ’n 100 jaar!

              8. Traktement- en orrelisteskale vir 2025/2026

              van die Bedryfshoof, 12 Februarie 2025

              Die jaar is reeds goed op dreef en ons weet dat gemeentes nou druk besig is met begrotings wat op die eerskomende kerkraadsvergadering bespreek en goedgekeur moet word.

              7. Rentekoers op Kergeld vir Kerkwerkbeleggings

              van die Bedryfshoof, 11 Februarie 2025

              Ons wil u hiermee in kennis stel dat die rentekoers op u belegging onveranderd bly op 8.5% ten spyte van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se rentekoersverlaging van 0.75% sedert Augustus 2024.

              6. Nuwe Alexander Forbes Konsultant

              van die Bedryfshoof, 4 Februarie 2025

              Ons wens u mee te deel dat me Elsie Boonstra nou in Nieu-Seeland woonagtig is en nie meer by Alexander Forbes werksaam is nie.  Ons nuwe konsultant by Alexander Forbes is me Marelize Barnard en haar kontakbesonderhede is soos volg:

              5. Donasies vir ons jaarlikse DPS-gesinskamp en -kinderkamp

              van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 3 Februarie 2025

              Dit is weer tyd vir die jaarlikse DPS-gesinskamp gedurende Maart, en ons is reeds volstoom aan die beplan om dié jaar se kamp weer eens ’n sukses te maak.

              4. 10de Algemene Diakensvergadering en Ubi Caritas-simposium: 20 tot 22 Maart 2025

              van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 29 Januarie 2025

              Sedert 1998 vind die Algemene Diakensvergadering elke drie jaar plaas, en vanaf 2016 word dit voorafgegaan deur die Ubi Caritas-simposium oor Christelike barmhartigheid. Soos u weet het die 73ste AKV ’n besluit geneem dat die diakonaat deel moet uitmaak van die Algemene Kerkvergadering.

              Lees die dokumente:

              3. Jaarverslae en ringsverslae 2025

              van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, 6 Januarie 2025

              Met die 74ste Algemene Kerkvergadering (AKV) wat vanjaar in Oktober plaasvind, moet die ringsvergaderings weer vroeër as gewoonlik afgehandel word. Alle beskrywingspunte aan die AKV (of kommentaar op beskrywingspunte) wat via ringsvergaderings ingedien word, moet die kantoor van die Kommissie reeds voor of op 9 Mei 2025 bereik.

              Lees die dokumente:

              2. Discovery: Persoonlike gesondheidspaaie

              van Die Hoof: Sentrum vir Gemeentelike Bediening, 23 Januarie 2025

              Persoonlike gesondheidspaaie is ’n gratis lojaliteitsprogram wat deur Discovery op 1 Januarie 2025 geloods is en ten doel het om lede te help om eienaarskap te aanvaar vir hul gesondheid. Dié program bied aan hul lede toegang tot hul profiele en gereelde mediese siftingstoetse wat die algehele welstand van predikante sal bevorder.

              1. WGGK/WCRC: Global Reformed Advocacy Platforms for Engagement (GRAPE): Aansoeke vir die GRAPE-opleidingsprogram

              van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering, 6 Januarie 2025

              Die kantoor van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het die aangehegte dokumentasie ontvang wat ons graag vir predikante en gemeentes se kennisname stuur. U is welkom om dit veral onder die aandag van jong lidmate te bring.

              Lees die dokumente: