Kweekskool of universiteit – Die vestiging van die Hervormde Kerk se teologiese opleiding

Die vraag na teologiese opleiding word alreeds in 1890 by die 25ste AKV geopper. Die konflik het alreeds hier ontstaan oor óf ’n kerklike kweekskool óf universitêre opleiding gewens is. Daar word nog altyd beweer dat die Hervormde Kerk van die begin af ’n voorstander...

Grepe uit die geskiedenis van die NHKA: Ds Dirk van der Hoff (1814-1881)

Ds Dirk van der Hoff was die eerste predikant van die Hervormde Kerk na die Groot Trek. Hy was van 1853 tot met sy dood in 1881 predikant in die Transvaalse Republiek en is een van die mees omstrede figure in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis. Party skel hom uit as...

Grepe uit die geskiedenis van die NHKA: Frederik Gerhardus Wolmarans (1788-1872)

In hierdie en die volgende uitgawes word biografiese sketse geplaas van meer en minder bekende figure uit die ryke verlede van die NHKA. Baie maal word in kerklike biografieë gefokus op die lewens van veral predikante. Dit is egter dikwels die kerkraadslede wat...

Sketse uit die geskiedenis van die NHKA (1824-2024) Spanningslyne in kerk en teologie (2): Die Geyser-saak

In die vorige aflewering is aangetoon dat daar binne die teologie van die Hervormde Kerk twee duidelike strome was. Aan die een kant was daar ’n groep teoloë en predikante wat Artikel III van die Kerkwet (wat lidmaatskap tot blankes beperk) en volkskerk ondersteun...