geskryf deur Karin Steenekamp (Gemeente Lydenburg) | Dinsdag, 23 Junie, 2020 | Artikels, Vrouebediening
Ek kom ’n rukkie gelede af op ’n Britse realiteitsprogram op televisie waar ’n vrou ’n uitnodiging ontvang het na een van koningin Elizabeth II se tuinpartytjies in die tuin van Buckinghampaleis, die huis van die koningin. Ek was in die eerste plek ’n bietjie verstom...