Saterdag 26 September – Vry om te dien
Galasiërs 5: 1-13
Ons word nie gered deur diens nie, maar tot diens. Die bekende antropoloog Margaret Mead het gesê dat die eerste teken van beskawing nie gereedskap of potte was nie, maar ’n gebreekte heupbeen wat aangegroei het, Dit was ’n teken dat iemand by die gewonde gebly het, versorg het en kos gebring het totdat die persoon herstel het. Diens aan ’n ander lê dus aan die hart van wat dit beteken om ’n gemeenskap te wees.
Ook Paulus beklemtoon in Galasiërs dat gelowiges nie vrygemaak is om hulself te dien nie, maar om mekaar in liefde te dien. Die dood en opstanding van Christus het ons bevry van die wet en sonde. Maar hierdie vryheid is nie ’n lisensie tot selfsug nie, dit is ’n roeping tot diens, gewortel in die liefde wat God aan ons bewys het.
In die gemeente en gemeenskap is daar talle mense wat met ’n figuurlike gebreekte heup leef deur die terugslae van die lewe. Dit het hulle tot stilstand geruk en veroorsaak pyn en verlies. Maar, soos met ’n gebreekte heup, is herstel moontlik waar daar liefdevolle versorging is. Gelowiges het nou die geleentheid om op te staan en, deur die krag van die Heilige Gees, te dien. Ons is geroep om nie net na onsself om te sien nie, maar juis na die wat geval het, die weerloses, die siekes, die bedroefdes.
In die tye van rampe in die wêreldgeskiedenis, het Christene nog altyd uitgestaan deur die onselfsugtige diens en hulp wat hulle gelewer het. Wanneer ons dien, word God se liefde sigbaar en tasbaar. Dis in hierdie daaglikse dade van liefde dat die koninkryk van God sigbaar word sodat elke knie buig en elke tong bely dat Jesus Christus die Here is.
Geliefdes, jy word nie net geroep om te oorleef nie, jy word ook geroep om te dien. Gebruik jou vryheid in Christus om ander op te help en saam met God aan die herstel en genesing van die wêreld om jou te werk.
Ds Danie Taljard, Sionshoogte
Woensdag 26 Augustus – As ’n gelowige eerlik kyk na wat verdra word…
Openbaring 2: 18-29Tiatira was ’n klein, ekonomies florerende stad, bekend vir sy handwerkers en gildes. Hierdie gildes het druk op gelowiges geplaas om deel te neem aan feesmaaltye wat afgodsoffers en seksuele losbandigheid ingesluit het. Om nie te deel nie, het...
Dinsdag 25 Augustus – As ’n gelowige eerlik kyk na kompromie…
Openbaring 2: 12-17Pergamum was ’n stad van mag en aanbidding waar die Romeinse keiser as god vereer is, met tempels vir Zeus, Dionysus en Asklepios wat die landskap oorheers het. In dié stad vol geestelike druk het ’n klein gemeente probeer getrou bly en Jesus...
Maandag 24 Augustus – As ’n gelowige eerlik kyk na liefde wat afneem…
Openbaring 2: 1-7Efese was ’n strategiese stad: ’n belangrike handelsentrum, ’n kulturele spilpunt en die tuiste van die indrukwekkende tempel van Artemis. Die Christelike gemeente daar het sterk begin – vasberade, volhardend en waaksaam. Christus: Ek ken julle...
Sondag 23 Augustus (Herdenking van Bartolomeusnag)
As ’n gelowige eerlik kyk na volharding...Openbaring 2: 8-11Onder die sewe gemeentes wat in Openbaring aangespreek word, is daar net twee wat geen vermaning van Christus ontvang nie. Smirna is een van hulle. Hierdie gemeente het geleef in ’n stad waar die druk om aan...
Saterdag 22 Augustus – My wapens van geloof
Efesiërs 6: 14-17Gister se nadenke oor hoe ons eie lewe en ons gemeente se lewe moet lyk, het die vraag by ons gelaat of ons passievol is oor die verkondiging en oorvertel van ons redding vir ander mense. Maar die oorvertel word baie kere deur faktore in ons beheer en...
Vrydag 21 Augustus – Jy moet verkondig en oorvertel met passie
Efesiërs 3: 1-13Nie net dominees kan die Woord verkondig en die goeie nuus oorvertel nie. Elke mens, selfs jy ook, is daarvoor bestem.Paulus begin om in vandag se teksgedeelte te sê alle mense kan deel van God se volk word. Hy bemoedig die gelowiges uit die heidendom...