Die Hervormer
Maart 2021 | Jaargang 113 | Nommer 10
Van kansel tot kamera
Net soos die koronavirus in opeenvolgende golwe op die wêreld afrol, het ons gemeentes se aanlyn bediening in reaksie op die virusgolwe uitgerol…
’n Emosionele tyd
Ek is al 14 jaar betrokke by die redaksie van Die Hervormer, vyf jaar daarvan as redakteur. In hierdie tyd het ek baie uitgawes onder oë gehad, maar nog nooit het ’n uitgawe my so emosioneel geraak soos hierdie uitgawe nie…
Duursame kleipotte
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. (2 Korintiërs 4: 7)
Uit die Woord
God se krag
Trauma in die Covid-tyd
Waarom het dit so lank geneem voordat die sielkundige impak van Covid-19 besef is, en word dit nie maar oordryf nie?
Emosionele impak op bejaardes
Wanneer ’n mens bejaardes vra om hul emosionele belewenis rondom die Covid-19-pandemie en die inperkings te verwoord, is dit uit die antwoorde duidelik dat daar negatiewe én positiewe ervarings is…
Onverwerkte emosies van noodsaaklike werkers
I’m a social worker! What is your superpower?
Impasse – ’n doodloopstaat
Donderdag 26 Maart 2020. Die aand toe Suid-Afrika se grendel-inperkings in werking getree het…
Die gunstige en minder gunstige van grendeltyd
Wins en verlies, die positiewe en die negatiewe, speel ’n beslissende rol in elke mens se lewe…
Die rol van ’n Trinitariese spiritualiteit in die transformasie van die NHKA
Die kwessie van transformasie behoort voortdurend in die NHKA aandag te kry…
Grepe uit die geskiedenis van die NHKA: Frederik Gerhardus Wolmarans (1788-1872)
In hierdie en die volgende uitgawes word biografiese sketse geplaas van meer en minder bekende figure uit die ryke verlede van die NHKA…
Dankie aan Emily Hobhouse
Aangegryp deur die geweldige trauma wat bejaarde persone na meer as 300 dae van Covid-inperkings in tehuise beleef, het ek ’n gesprek aangevra met die voorsitter en bestuurder van ons Kerk se Bejaardesorgdireksie…
Emeritusprofessor kort na sy vrou oorlede
Prof WC (Wouter) van Wyk (emeritus) is Maandagoggend 15 Februarie 2021 oorlede, vier maande na sy vrou, Ierene (84). Hy sou op 23 Februarie 84 jaar oud gewees het…
Emerituspredikant na siekbed oorlede
Ds JJ (Johan) Viljoen (emeritus) is Vrydagoggend 5 Februarie 2021 omstreeks 06:30 in die Kosmoshospitaal in Witbank oorlede. Hy sou op 15 Februarie 67 jaar oud gewees het…
Begaafde ouderling sterf weens Covid-19
Oudl Jan Mans van Gemeente Vereeniging is Saterdag 30 Januarie 2021 in die ouderdom van 85 jaar aan komplikasies van Covid-19 oorlede…
Stoepstories: Stiltes tussen woorde
Stomme Silvanus van Stilfontein skryf: Beste Oupa Stoep, ek hoop Oupa kan my help. Die inperkingstyd is nou amper ’n volle jaar aan die gang en dit voel vir my of ons al hoe minder met mekaar praat. Dink Oupa dis net ek, of voel ander mense ook so?