Die Hervormer

Mei 2026 | Jaargang 119 | Nommer 2

Klik hier om Die Hervormer in pdf-formaat te lees

Kerkwees en oorlog

Daar het ’n ander perd, ’n vuurrooie, uitgegaan. Aan sy ruiter is opdrag gegee om die vrede van die aarde af weg te neem, sodat die mense mekaar sal uitmoor. ’n Groot swaard is aan hom gegee (Op 6: 4, AFR83).

Geesgedrewe, positief en inklusief onderweg

Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) het ’n skrywe aan gemeentes en ringe gerig rakende die ringsvergaderings van 2026.

Hy leef – daarom leef ons!

Lees: Filippense 3: 12b

Ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het (AFR83).

Uit die Woord

Die Here het opgevaar na die hemel!

Het jy al ’n Bybel vir iemand gegee?

Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat die ewige lewe gee” (Joh 6: 67-68, AFR83).

Die water is nog altyd daar!

Dit alles het begin oor ’n koppie koffie by die Grieks-Ortodokse kerk oorkant die Universiteit van Pretoria. Die vraag wat na vore gekom het, was: Wat beteken kerkplanting vir die Hervormde Kerk in 2026?

Tuiskoms: van gemeente na gemeenskap

Daar is ’n verskil tussen ’n gemeente en ’n gemeenskap.

Die Hervormde Kerk voor die spieël: Navorsing onthul spanning tussen tradisie en ’n missionale toekoms

Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) bevind haar tans by ’n deurslaggewende kruispad…

Die stertjie van die "Blitspos"!

Vir die afgelope 18 jaar sirkuleer Blitspos weekliks deur middel van e-pos. Tans bereik dit bykans 4 000 individue. Sedert Oktober 2025 het die nuusbrief egter ’n nuwe stertjie bygekry met die naam Blitsflits.

Kom studeer Teologie by die HTK

Die Universiteit van Pretoria (UP) se aansoeke om Teologie te studeer het reeds geopen. Is dit dalk iets waaraan jy sou belangstel?

Stoepstories: Die stryd vir ’n sitplek

Ontstigte Ockie van Oorlogspoort vra: Beste Oupa Stoep, ek en my vrou is geseënd met vyf kindertjies, onder andere ’n drieling. Almal is nog op laerskool. Dit verg militêre maneuvers om almal aangetrek en reg te kry om op ’n Sondag kerk toe te gaan…