by Prof Ernest van Eck (Universiteit van Pretoria) | Monday, 27 September, 2021 | Die Hervormer, Oktober 2021, Jaargang 114, Nommer 7
Ek is ’n dosent by ’n tersiêre instelling, en behoort daarom genoeg kennis van my vakgebied te hê om ander te kan onderrig. Om eerlik te wees, dink ek nie ek weet veel nie. Ek dink ek weet baie van ’n klein deeltjie van my vakgebied, en ’n bietjie van die res. Dit is...
by Ds Willem Sauer (Waterberg) | Monday, 27 September, 2021 | Die Hervormer, Oktober 2021, Jaargang 114, Nommer 7
Pres Jan Brand (die vierde president van die Vrystaat) het by geleentheid gesê: Alles sal regkom, as elkeen sy deel doen. Wanneer ’n mens oor burgerlike verantwoordelikheid nadink, is hierdie uitspraak van pres Brand van die uiterste belang. In ’n demokrasie wat reg...
by Redaksie | Monday, 27 September, 2021 | Die Hervormer, Oktober 2021, Jaargang 114, Nommer 7
’n Onuitputlike skat Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het dit goedgevind om die koninkryk aan julle te gee. Verkoop julle besittings en gee vir liefdadigheid. Maak vir julle beursies wat nie vergaan nie, ’n onuitputlike skat in die hemel, waar...
by Dr Marina Kok-Pretorius (Gemeente Potchefstroom) | Monday, 27 September, 2021 | Die Hervormer, Oktober 2021, Jaargang 114, Nommer 7
Die koninkryk van die hemele is soos ’n skat wat in die veld begrawe lê. ’n Man het dit ontdek en weer toegegooi. Uit blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het en koop daardie grond. (Matteus 13: 44, AFR2020) Dié kort gelykenis van die weggesteekte skat onderrig...
by Ds Willem Sauer (Waterberg) | Monday, 27 September, 2021 | Die Hervormer, Oktober 2021, Jaargang 114, Nommer 7
Die ander dag sien ek in Beeld die beriggie oor ’n man in Pretoria wat, gewapen met ’n braaitang en vullissak, deur die strate van sy buurt loop en vullis optel. Hy word nie betaal om dit te doen nie en hy doen dit nie om erkenning te kry nie, hy doen dit om die plek...
by Prof Tanya van Wyk (Universiteit van Pretoria/Nederlandssprekende Gemeente) | Monday, 27 September, 2021 | Die Hervormer, Oktober 2021, Jaargang 114, Nommer 7
Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand, het C Louis Leipoldt uitgeroep. Ja – dit is Oktober en die moontlikheid van ’n nuwe begin wink weer vir ons. Dis eintlik merkwaardig – ten spyte van ons ervaring van ’n tweede Covid-jaar, het tyd nie stilgestaan nie...
by Oupa Stoep | Monday, 30 August, 2021 | Die Hervormer, September 2021, Jaargang 114, Nommer 6
Middeljarige Maans van Merweville vra: Oupa Stoep, ek besef met ’n skok dat ek nader aan honderd jaar is as aan my geboortedag, en dié wete vul my met groot angstigheid. Aangesien Oupa meer ervaring van hoë ouderdom het as ek, kan Oupa dalk vir my raad gee hoe ek die...
by Redaksie | Monday, 30 August, 2021 | Die Hervormer, September 2021, Jaargang 114, Nommer 6
’n Blou erfenisplaatjie, nommer 12, is op 23 Julie vanjaar toegeken aan Gemeente Heidelberg se kerkgebou. Die gemeente is gestig op 27 Junie 1865. Sedert 1889 het die gemeente in die (huidige) kerksaal eredienste gehou. In 1932 was daar 865 lidmate en ’n kerkraad van...
by Redaksie | Monday, 30 August, 2021 | Die Hervormer, September 2021, Jaargang 114, Nommer 6
Geagte Redakteur Gewaardeerde (en geliefde) Redakteur, om in hierdie onstuimige tyd waarin ons leef soveel wat eers vanselfsprekend was, te moet prysgee, maar steeds Die Hervormer te mag vashou en lees, is ’n BAIE groot voorreg! Ons eksemplaar het hierdie maand bo-op...
by Redaksie | Monday, 30 August, 2021 | Die Hervormer, September 2021, Jaargang 114, Nommer 6
Die afgelope maande is verskeie predikantsvroue en predikanteweduwees oorlede. Mev CJ (Cecilia) Prins, weduwee van prof SJ (Fanie) Prins wat in 1997 oorlede is, is op 3 Junie in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Teen die einde van haar lewe het sy in die...