Die Hervormer
Oktober 2024 | Jaargang 117 | Nommer 6
Kerkwees 200: Verlede, hede, toekoms
Die eerste Algemene Kerkvergadering het van 2 tot 18 November 1824 in Kaapstad sitting geneem. Op 3 November 2024 herdenk die Hervormde Kerk en die NG Kerk twee eeue van selfstandige kerkwees in Afrika, onafhanklik van ’n moederkerk in Nederland.
Inspirasie deur die Reformasie
Die Hervormer se Oktober-uitgawe bespreek jaarliks die bekende insidente wat met die Reformasie geassosieer word, en tereg so. Daar was egter ook vele ander interessante gebeurtenisse in die tyd van die Reformasie wat nie dikwels gedeel word nie…
Ons ewige troos
Lees Lukas 23: 33-49
Die hoofman van die Romeinse soldate, wat die dag met Christus se kruisiging diens gedoen het op Golgota, het die oomblik toe Christus sy laaste asem uitgeblaas het, uitgeroep: Waarlik, hierdie man was die Seun van God (Mark 15: 39, AFR33/53).
Uit die Woord
U is met my in donker tye
VTT 2024 – Noordwesstreek
Vanjaar se VTT, My roeping vir die Noordwesstreek, is op 21 en 22 Augustus by die Venterskroonkampterrein aangebied…
Totsiens, Tessa!
Formidabel. ’n Woord wat ’n mens normaalweg assosieer met iemand wat die liggaamsbou het van ’n Eben Etzebeth. Maar formidabel kom ook in kleiner gestaltes. Hiervan is Tessa Oppermann ’n uitmuntende voorbeeld.
Van der Hoff: 100 jaar
Die Van der Hoff Teologiese Vereniging vier vanjaar sy honderdjarige bestaan en in die Kerk se Argief lê spore daarvan in notules, lesings en feesblaaie.
Hervormingsondag
Elke jaar vier ons op die laaste Sondag van Oktober Hervormingsfees. Dan draai ons die horlosie terug na die 15de eeu, terug na dit wat Martin Luther gedoen het om die Hervorming se bal aan die rol te sit.
Gemeente Pinetown – ons storie sover...
Sedert 27 November 2022 is ons effektief ’n nuwe gemeente van Jesus Christus. Vir ons en ons gemeenskap is dit ’n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van Christus wat sy kerk bou…
Is dit Loslit of los dit?
Op Vrydag 30 Augustus het die sinodale personeel Clay Café in Montana met gemengde gevoelens genader. Ons vier Loslitdag 2024 en ons gaan verf! Sommige het presies geweet wat wag, maar sommige het gedink ons gaan mekaar se gesigte verf – wat gelukkig nie gebeur het nie!
Stoepstories: In absentia-bruide
Puntenerige Pastor van Pelgrimsrus vra: Beste Oupa Stoep, ek het kom aftree hier in die Laeveld en gedink dat ek ’n rustige bestaan op ons ou erfplasie sou kon voer.