by Elizabeth Janse van Rensburg (Gemeente Zuurfontein) | Tuesday, 22 March, 2022 | Artikels, Vrouebediening
Ons manier van doen en dink het die afgelope twee jaar heeltemal verander. Dis asof die pandemie ’n mens gedwing het om meer bewustelik te leef, meer te fokus op die dinge wat werklik saak maak, veral wat ons denke en ingesteldheid betref. Ons denke speel ’n veel...
by Karin Steenekamp (Visevoorsitter NHSV-Hoofbestuur, Gemeente Lydenburg) | Tuesday, 1 March, 2022 | Artikels, Vrouebediening
Soos ons deur die pekanneutboord beweeg en snoei en spuit, is ek weer verwonderd oor die natuur. 1 300 bome wat almal saam geplant is, wat dieselfde water kry, dieselfde bemesting, dieselfde snoei, dieselfde reën… Elkeen van die 1 300 bome het dieselfde...
by Mari-lizé Beukes (Voorsitter: NHSV Hoofbestuur / Besturende Direkteur: Ons Tuis MSW) | Tuesday, 25 January, 2022 | Artikels, Vrouebediening
’n Sielkundeprofessor het eenkeer vir sy eerstejaarstudente die opdrag gegee om elkeen ’n ballon op te blaas, sy of haar naam daarop te skryf en dit op die vloer te gooi. Hy het die ballonne gemeng en elke student vyf minute gegee om sy of haar ballon te soek. Niemand...
by Nandi du Preez (Gemeente Van der Hoff, Groblersdal) | Wednesday, 1 December, 2021 | Artikels, Vrouebediening
Ons is al almal deur familie of vriende uitgenooi na ’n troue, ’n doop of ’n geloofsbelydenis, met die doel om getuies te wees van wat gaan plaasvind. Maar elkeen van ons is elke dag besig om na die mense om ons se lewens te kyk. Ons sien hoe vinnig ons kinders...
by Marietjie Schutte (Vaalharts) | Wednesday, 27 October, 2021 | Artikels, Vrouebediening
Lewe die Liefde … die tema van die NHSV die afgelope 18 maande. Ek wil begin deur te vra: Wat is Liefde? Ek haal die volgende aan uit ds Pieter le Roux se preek van Sondag 23 Mei 2021: Liefde is die liefde van God. God is Liefde. Hy is die bron van Liefde. Hy...
by Suzette Vuyk (Richardsbaai) | Wednesday, 13 October, 2021 | Artikels, Vrouebediening
Ek sit hier en dink aan tyd, want ons het vroeër vandag as ’n Bybelstudiegroep in Markus 1: 15 gelees. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Hierdie gedeelte het net weer vir my bevestig dat...
by Ds Anna-Marie Kloppers (Rustenburg Jac van Belkum) | Tuesday, 28 September, 2021 | Artikels, Vrouebediening
Die lawwe verhaal word vertel van Paddy Corcoran se vrou. Paddy Corcoran se vrou was jare lank siek. Sy was bedlêend en het allerhande medisyne probeer. Paddy was al raadop. Toe, eendag, kom ’n vroutjie met ’n netjiese rooi mantel daar aan en sê: Kitty Corcoran, jy lê...
by Dr Sanet Jansen van Rensburg (Potchefstroom) | Wednesday, 8 September, 2021 | Artikels, Vrouebediening
Daar is soveel persepsies oor die ouderdom, positief en negatief. Die vrese oor bejaardheid het ’n invloed op ons sinvolle aftrede en die laaste lewensfase. Ouer persone is van die kosbaarste bronne van kennis, kundigheid en deurleefde lewenservaring. ’n Sinvolle lewe...
by Gretha van Staden (Welgelegen-Pietersburg) | Tuesday, 7 September, 2021 | Artikels, Vrouebediening
Stuur vandag slegs een positiewe boodskap aan die ouers van ’n kind in jou klas of sportspan. Wanneer die personeel die personeelkamer verlaat na afloop van die opening daardie oggend, is daar ’n gegons… Ek besef met ’n skok hoe maklik ons talle negatiewe e-posse...
by Elsie Slabbert (Gemeente Port Elizabeth) | Wednesday, 11 August, 2021 | Artikels, Vrouebediening
In die Bybel lees ons van die volk Israel se omswerwing van 40 jaar in die woestyn. Dit was hul straf omdat hulle ongehoorsaam aan die Here was. Die Here het ook 40 dae in die woestyn deurgebring waar Hy deur die duiwel versoek is. Net so het die moderne mens ook sy...