Die Hervormer
April 2024 | Jaargang 117 | Nommer 1
Gelowig, gehoorsaam en dapper
Die eerste Algemene Kerkvergadering het van 2 tot 18 November 1824 in Kaapstad sitting geneem. Deur die loop van 2024 herdenk die Hervormde Kerk hierdie historiese gebeurtenis twee eeue gelede.
Skoolonderrig in ’n taal van eie keuse
Verlede maand het die derde grootste verkiesing in Suid-Afrika plaasgevind, naamlik die verkiesing van ’n beheerliggaam vir elk van die ongeveer 23 000 openbare skole. Die Kerk het ’n besondere belang in die opvoeding en onderrig van ons kinders.
Dit is die Here!
Jesus sê vir hulle: “Kom eet ontbyt!” Niemand van die dissipels het egter gewaag om Hom te vra, “Wie is U?” nie, want hulle het geweet dit is die Here. (Johannes 21: 12, AFR2020)
Uit die Woord
Die Heiland leef!
Kontak is jou keuse
’n Vraag op elke kerklidmaat se lippe, elke jaar, is: Wat gaan ons doen met die jeug? Gereeld hoor ons stellings soos ons moet buite die kassie dink, ons moet anders dink. Hoe gaan ons die kinders behou en nie die studente verloor nie?
Die ontwikkeling van die Kinderhuise – van weeshuis tot ouerhuis
Die Hervormde Kerk het in 1922 formeel toegetree tot kinderversorging. Christelike barmhartigheid is ’n wesenskenmerk van die geloofshandelinge van die kerk.
’n Ruimtelike perspektief op Boek IV van die Psalms: Herinnering en verbeelding in Psalms 90-92 en Psalms 105-106
Hierdie artikel is ’n verwerking van ds Marina Kok-Pretorius se referaat wat by die HTK-opening in Februarie vanjaar gelewer is.
’n Brief in die begraafplaas
Het jy al ’n begraafplaas gelees? Om grafkuns se simboliese betekenis te verstaan, gee inligting oor ons mense se geloof en lewensopvattings. As jy grafkuns kan verstaan, kyk jy met ander oë na grafstene!
Diakonale Pleegsorghuise
Die Kinderhuise van die NHKA is gedurende 1922 deur die NHKA in die lewe geroep, om kinders in nood te versorg. Ons is dus reeds meer as 100 jaar lank aktief besig met die versorging van minderbevoorregte kinders.
Predikant emeriteer na 38 jaar in dieselfde gemeente
Gemeente Alberton het Sondag 25 Februarie afskeid geneem van ds PB (Pieter) en Susan Viljoen. Hulle was sedert 24 Mei 1986 (’n volle 38 jaar!) die predikantspaar van Alberton.
Emerituspredikant oorlede
Emerituspredikant ds PJJ (Pierre) Kotzé (74) is net voor 15:00 Saterdag 9 Maart oorlede.
Stoepstories: Voertsekbroodjies
Paniekbevange Pastoriemoeder van Petrus Steyn vra: Beste Oupa Stoep, my man is onlangs bevestig in Petrus Steyn. Dit is ons eerste gemeente, so ons is nog baie onseker oor baie dinge…