Die Hervormer
Junie/Julie 2026 | Jaargang 119 | Nommer 3
Bewyse vir die misterie
Net laas week sê iemand vir my: ’n Mens kan ook deesdae niks meer glo tensy jy dit in jou hande vashou nie.
Geregtigheid in die oog van die waarnemer
Die bekende frase beauty lies in the eye of the beholder het bekendheid verwerf danksy die Ierse skrywer, Margaret Wolfe Hungerford, wat dit in haar roman, Molly Bawn, wat in 1878 gepubliseer is, gemunt het.
Kom ons veg
Lees: 2 Konings 14: 8
Einde Februarie 2026 het Amerika besluit om saam met Israel oorlog teen Iran te voer. Dit het gelyk asof die res van die wêreld gedink het dat dit een van pres Trump se kortstondige bevliegings was. Helaas! Toe nie.
Uit die Woord
U is met my
Geloofsverklaring 2025 – Die Kerk as gemeenskap van gelowiges
Die 74ste Algemene Kerkvergadering (AKV) van die Hervormde Kerk wat in Oktober 2025 in Midstream vergader het, het ’n Geloofsverklaring uitgereik as getuienis teenoor die owerheid en al die inwoners van Suid-Afrika.
Om standhoudend barmhartig te wees
In Lukas 6: 36 (AFR2020) roep Jesus gelowiges op om barmhartig te wees soos julle Vader barmhartig is. Dit word egter al hoe moeiliker om standhoudend barmhartig te wees op terreine waar dit regtig nodig is.
Om te behoort, gasvryheid en welstand
In ’n vinnig veranderende wêreld gebeur dit toenemend dat mense uit pas en soms uit plek in die wêreld voel. Vinnige verandering en uitdagings in samelewingstrukture, laat mense onseker, onveilig en ontuis voel.
Inklusiewe onderwys: Die weg na menswaardigheid en gemeenskap
Die konsep van inklusiewe onderwys is reeds 25 jaar in Suid-Afrikaanse wetgewing vervat. Verskeie beleidstukke verseker dat kinders met gestremdhede sonder teenstand by hul plaaslike skole toegelaat word.
Nasionale NHSV-kongres 2026 – Nogtans sal ek jubel
Die NHSV se 50ste Nasionale Kongres vind van 26 tot 28 Junie 2026 plaas .Die openingsaand is by Gemeente Montana en die kongresverrigtinge vind by Batter Boys, Montana, Pretoria plaas.
Emeritaataanvaarding van dr GC Lindeque – terugblik op ’n vol en geseënde dienstyd
Wanneer ons as predikante die laaste paar jaar van ons bediening bereik, kan jy kwalik glo hoe vinnig dit verbysnel. Dit voel onwerklik wanneer jy skielik jou afskeidsgeleentheid moet reël.
Stoepstories: Doodstydings
Vreesbevange Vasie van Vaalboshoek vra: Beste Oupa Stoep, iets wat my nog nie oorgekom het nie, maar waarvoor ek ’n heilige vrees het, is om ’n doodstyding te moet gaan oordra. Het Oupa dalk vir my raad hoe om hierdie baie moeilike taak met sensitiwiteit te verrig?






