Die Hervormer
Maart 2025 | Jaargang 117 | Nommer 9
Deur die toekoms na die hede
Die tyd waarin ons leef, word gekenmerk deur ontwrigtende verandering, tegnologiese ontwikkeling, oorlading van inligting, diversiteit, kompleksiteit en fragmentering.
Geselsbotte en die kerk: Twee jaar later...
Koei-eiers, ook bekend as hoendereiers, is eetbare eiers wat van koeie afkomstig is. Hierdie onsinnige reaksie op ’n eenvoudige vraag (en ander soortgelyke blapse) het Frankryk se regering genoop om die Franssprekende geselsbot, Lucie, vir eers te onttrek van die web – aldus CNN op 27 Januarie vanjaar.
God stuur die engel
Lees Lukas 22: 39-46 (AFR2020)
Die gebeure wat ons telkens tydens die Lydenstyd in die kerklike jaar herdenk, bereik waarskynlik vir Jesus ’n besondere laagtepunt in Getsemane. Sy uitsprake oor verraad en verloëning tydens die Pasga het gedui op lyding na liggaam en gees wat op Hom gewag het.
Kweekskool of universiteit – Die vestiging van die Hervormde Kerk se teologiese opleiding
Die vraag na teologiese opleiding word alreeds in 1890 by die 25ste AKV geopper. Die konflik het alreeds hier ontstaan oor óf ’n kerklike kweekskool óf universitêre opleiding gewens is.
Onder die takke van die mosterdboom
Na aanleiding van die Feesdiens wat op 3 November 2024 plaasgevind het, het die Departement Sistematiese en Historiese Teologie van die Universiteit van Pretoria ’n tweedaggeleentheid aangebied by Gemeente Pretoria-Oos getiteld: Kerkwees 200: Verlede, hede en toekoms.
Ontmoet die NHKA se nuwe predikante
Die NHKA se vier nuwe predikante wat op 7 November 2024 gelegitimeer is, kry in hierdie uitgawe die geleentheid om hulself aan ons lesers bekend te stel. Hulle is prop Drian Cockeran, prop Annia van Deventer, ds Tanya Maartens en ons nuwe joernalis, prop Iwana Hartmann.
“Hoe dra ek aan die armes oor dat God hulle liefhet?” Gustavo Gutiérrez: 8 Junie 1928-22 Oktober 2024
Dit was op ’n redelike laat stadium in my teologiese opleiding dat ek en my medestudente met die naam, Gustavo Gutiérrez, kennis gemaak het – en toe net op ’n baie beperkte wyse.
’n Ode aan ’n pienk lekkertjie
Teken jy die besoekersboek ná ’n besoek aan die SP Engelbrecht-museum kry jy iets om aan te proe. Hier kyk, hoor, ruik, vat EN PROE ons. Wanneer ons ouma Sannie se lekkergoedfles oopmaak, laat die roos-muskus geur jou onthoubrein gryp-gryp na iets uit ’n amper vergete tyd.
Begin van ’n nuwe era in die geskiedenis van Gemeente Germiston
Op 6 Oktober 2024 het die 113-jarige moeder van die Ring van Germiston finaal afskeid geneem van haar plek van aanbidding en ’n nuwe tuiste gevind by haar kleindogter, Gemeente Alberton, wat die derde oudste gemeente in die ring is en self al 78 jaar oud is.
Ampsjubileum: Ds TH (Theo) Janse van Nieuwenhuizen
Op Sondag 12 Januarie om 09:00, presies 50 jaar nadat ek deur my skoonpa ds PG van Staden in Gemeente Benoni in die amp georden en bevestig is, het ek en my vrou die geleentheid in Gemeente Boksburg herdenk.
Stoepstories: Kerklike kierangs
Opgebruikte Oscar van Orkney vra: Beste Oupa Stoep, hierdie jaar is nog eintlik in sy kinderskoene en ek voel heeltemal oorweldig, oorwerk en opgebruik. Kan Oupa dalk help met raad oor hoe ek dinge makliker en vinniger gedoen kan kry?