geskryf deur Ds Neels van Tonder (Warmbad) | Woensdag, 7 April, 2021 | Artikels, Bybelse argeologie
Nuwe ontdekkings wat by die Qumrangrotte langs die Dooie See gedoen is, het tot groot opgewondenheid gelei by navorsers van die geskiedenis tussen die eerste eeu vóór en eerste eeu ná Christus in Judea. Die Qumrangrotte is 20 kilometer oos van Jerusalem en langs die...
geskryf deur Ds Neels van Tonder (Warmbad) | Woensdag, 10 Maart, 2021 | Artikels, Bybelse argeologie
Hongaarse argeoloë maak daarop aanspraak dat hulle waarskynlik die dansvloer in Machaerus gekry het waar Salome gedans het vir die prys om Johannes die Doper se kop in ’n skottel te kry (Matt 14: 11). Johannes die Doper se dood word op ongeveer 29 nC bereken. Die...
geskryf deur Ds Neels van Tonder (Warmbad) | Dinsdag, 16 Februarie, 2021 | Artikels, Bybelse argeologie
Klein stukkies wol wat uit ongeveer 1000 vC dateer, is in ’n ou kopermyn in die Timnavallei naby Eilat in die suide van die Aravawoestyn ontdek. Dié stukkies wol dateer dus uit die tyd waarin koning Dawid van die Bybel geleef het en is derhalwe ’n besondere groot...
geskryf deur Ds Neels van Tonder (Warmbad) | Woensdag, 27 Januarie, 2021 | Artikels, Bybelse argeologie
Onderaan die Tempelberg van die tempel in Jerusalem is ’n steen met ’n gravering daarop gevind, wat nou blyk die staanplek van die trompetblaser van die tempel gemerk het. Hierdie vonds is ’n baie belangrike ontdekking, veral vir die navorsing oor die geskiedenis van...
geskryf deur Ds Neels van Tonder (Warmbad) | Maandag, 11 Januarie, 2021 | Artikels, Bybelse argeologie
In Augustus 2020 het ’n negejarige seun, Binyamin Milt, in die grond van die Tempelberg ’n goue kraletjie ontdek wat bykans 3 000 jaar oud is. Die siftingswerk op die Tempelberg is ’n projek wat gedurende 2004 begin het nadat ’n Moslemgroep tussen 1996 en 1999, sonder...
geskryf deur Ds Neels van Tonder (Warmbad) | Dinsdag, 27 Oktober, 2020 | Artikels, Bybelse argeologie
Volgens die boek Die Openbaring aan Johannes het Jesus in ’n visioen aan Johannes opdrag gegee om aan die sewe gemeentes in Klein-Asië elkeen ’n brief te stuur: Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea. Die derde gemeente, Pergamum, het...