by Redaksie | Dinsdag, 2 Maart, 2021 | Die Hervormer, Maart 2021, Jaargang 113, Nommer 10
God se krag Die wonderlike krag wat deur my werk, is God se krag en nie myne nie. Ek is soos ’n eenvoudige erdepot waarin daar iets baie kosbaars gesit is. (2 Korintiërs 4: 7, Die Lewende Bybel) Toe kom die woord van die Here tot my: Kan Ek nie met julle doen wat...
by Ds Dalene Lourens (Selcourt/Springs-Noord) | Dinsdag, 2 Maart, 2021 | Die Hervormer, Maart 2021, Jaargang 113, Nommer 10
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. (2 Korintiërs 4: 7) Hierdie beeld het so tot my gespreek: kleipotte wat maklik breek. Die tyd en eise van die tyd laat ’n letsel op die...
by Ds Willem Sauer (Waterberg) | Dinsdag, 2 Maart, 2021 | Die Hervormer, Maart 2021, Jaargang 113, Nommer 10
Ek is al 14 jaar betrokke by die redaksie van Die Hervormer, vyf jaar daarvan as redakteur. In hierdie tyd het ek baie uitgawes onder oë gehad, maar nog nooit het ’n uitgawe my so emosioneel geraak soos hierdie uitgawe nie. ’n Groot deel van hierdie uitgawe handel oor...
by Ds Dalene Lourens (Selcourt/Springs-Noord) | Dinsdag, 2 Maart, 2021 | Die Hervormer, Maart 2021, Jaargang 113, Nommer 10
Net soos die koronavirus in opeenvolgende golwe op die wêreld afrol, het ons gemeentes se aanlyn bediening in reaksie op die virusgolwe uitgerol. Predikante is uit hul gemaksones geruk na ’n nuwe normaal. Maar die nuwe normaal was nie vir almal vreemd nie. Een van die...
by Oupa Stoep | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Gefrustreerde Gabarella van Garsfontein skryf: My Oumie het die Desembervakansie by ons kom deurbring. Ek het verwag dat sy met my gaan raas omdat ek te veel tyd op my selfoon spandeer, toe is dit andersom! Oumie was soos in heeltyd, vandat sy opgestaan het totdat sy...
by Ds Gert Beukes (Coligny) | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
2020 was ’n jaar vol trauma en intrige. Gedurende Maart is die hele wêreld tot stilstand gebring deur Covid-19 – ook Suid-Afrika en dan ook in die besonder ons kerke. Geen eredienste of enige byeenkomste kon gehou word nie. Begrafnisse is op heel volksvreemde wyse...
by Redaksie | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Sariné Potgieter Lynette Lötter Daniel Steinmann Donderdag 19 November 2020 is drie studente in die Kerk gelegitimeer en beroepbaar gestel. Sariné Potgieter (25) en Lynette Lötter (24) is tydens die plegtigheid in Pretoria gelegitimeer, en Daniel Steinmann (59)...
by Redaksie | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Prof Theuns Dreyer (emeritus) is gedurende die nag van 15/16 November oorlede. Hy sou op 8 Desember 74 jaar oud geword het. In die woorde van prof Wim Dreyer in sy huldeblyk in die 2021 Almanak: Waar begin ’n mens om met enkele woorde hulde te bring aan iemand soos...
by Prof Bieks Beukes (Emerituspredikant) | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Elke jaar op 8 Desember was een van die eerste oproepe wat ek maak, ’n oproep na my vriend en kollega Theuns Dreyer. Dit is sy verjaardag. Verlede jaar is hy skielik nie meer daar nie. Die hartseer is groot. Ek dink aan ons vriendskap sedert 1970. Ek dink aan ons...
by Prof Wim Dreyer (Outeniqua) | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Hervormde teologie word dikwels beskryf as Bybels-reformatoriese teologie. Die term word gebruik om Hervormde teologie te onderskei van die meer algemene term Gereformeerde teologie. Ander Afrikaanse kerke in Suid-Afrika gebruik weer doelbewus die term Gereformeerd....