by Dr Annelie Botha (Dosent, Praktiese Teologie, spesialiteit Pastoraat) | Maandag, 29 Julie, 2019 | Augustus 2019 Jaargang 112, Nommer 5, Die Hervormer
Van kleins af het sy geweet dat sy ’n predikant wou word. Toe die Hervormde Kerk begin om vroue as predikante te bevestig, het die droom om in haar eie kerk op so ’n wyse te dien vir dr Annelie Botha ’n realistiese moontlikheid geword. Ek is gebore in die winter van...
by NHKA | Maandag, 29 Julie, 2019 | Augustus 2019 Jaargang 112, Nommer 5, Die Hervormer
Tot alles in staat Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:...
by Dr Daan van Wyk (jr) (Ebenhaëzer) | Maandag, 29 Julie, 2019 | Augustus 2019 Jaargang 112, Nommer 5, Die Hervormer
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! (Filippense 4: 4) Lees Filippense 4 Daar was ’n man wat geweet het dat sy dood naby is. Hy is in die tronk en gaan tereggestel word deur onthoof te word. Agter hom lê ’n moeilike pad. Hy was al verskeie kere in die...
by Ds Willem Sauer (Waterberg) | Maandag, 29 Julie, 2019 | Augustus 2019 Jaargang 112, Nommer 5, Die Hervormer
Augustus is Vrouemaand en in hierdie uitgawe gee ons eer aan die vroue van ons Kerk. As hoërskoolkind toe ek in Hoërskool Pietersburg was, het ons in ’n stadium ’n Geskiedenisvereniging gehad. Een van die dinge wat die Vereniging gedoen het, was om een maal ’n jaar...
by Ds Willem Sauer (Waterberg) | Sondag, 28 Julie, 2019 | Augustus 2019 Jaargang 112, Nommer 5, Die Hervormer
Wie is die toonaangewende vroue in die kerk? Is dit enkele vroue wat buitengewone dinge doen, of die vrouepredikante, of bekendes waarvan almal weet? Of is dit die “gewone” vroue wat Sondag vir Sondag in die kerk sit, die vroue wat opoffer ter wille van hul gesinne?...
by Redaksie | Maandag, 1 Julie, 2019 | Die Hervormer, Julie 2019 Jaargang 112, Nommer 4
Die gemeente van Silverton In ’n tyd waarin kerkeiendomme verkoop word en gemeentes ontbind of saamsmelt, is daar steeds gemeentes wat hoë ouderdomme bereik en dit met trots vier. Op hierdie blad het ons in Mei vanjaar berig oor Gemeente Bronkhorstspruit se...
by Redaksie | Donderdag, 27 Junie, 2019 | Die Hervormer, Julie 2019 Jaargang 112, Nommer 4
In 2017 het ek en my vrou Duitsland besoek en by Wittenberg aangedoen tydens die Lutherfees. Ons is terug Potchefstroom toe met die idee om die Bybel in 24 uur met die hand oor te skryf. Op Saterdag 4 Augustus 2018 is om 06:00 begin. 450 skrywers uit verskeie...
by Oupa Stoep | Donderdag, 27 Junie, 2019 | Die Hervormer, Julie 2019 Jaargang 112, Nommer 4
Oumagrootjie Stoep het op ’n dag vir Oupa Stoep ’n foto gewys van die dag toe hy gedoop is – en daar lê Oupa Stoep in sy ma se arms, netjies uitgevat in ’n dooprok! Toe Oupa Stoep daaroor begin protesteer, beduie Oumagrootjie Stoep verontwaardig dat dit ’n baie streng...
by Dr Johan Lotter en prof Pierre Jordaan | Donderdag, 27 Junie, 2019 | Die Hervormer, Julie 2019 Jaargang 112, Nommer 4
Dit is so maklik om predikante oor hul prediking te kritiseer, maar die uitdaging om al sy of haar pastorale pligte na te kom, fondsinsamelings te behartig en dan nog week na week God se Woord verstaanbaar en kontekstueel relevant te verkondig, is ’n byna onmoontlike...
by Prof Wim Dreyer (Outeniqua) | Donderdag, 27 Junie, 2019 | Die Hervormer, Julie 2019 Jaargang 112, Nommer 4
In die vorige aflewering is vertel van die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Transvaal in 1859. In hierdie aflewering kyk ons na die vestiging van die NG Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Dit het gebeur onder leiding van ds Frans Lion Cachet. Cachet...