Menings
Agterdog oor dogma
Ek deel nie die agterdog oor dogma nie. Daar is natuurlik ’n voorwaarde: dat alles krities beskou moet word, en dat die norm vir kritiek die Bybel sal wees. Dis dalk sirkeldink, want die Bybel is tog dogma se bron en bestemming! Ek hoop ons slaag met ’n spiraal, sodat...
Suid-Afrika in September 2019
DEEL 1 – DIE AGTERGROND Donderdagmiddag 15:00 is nie gewoonlik ’n stil tyd op kampus nie. Maar op 5 September voel die kampus soos ’n verlate stofstraatdorpie in ’n cowboy-fliek. ’n Mens verwag dat ’n tolbos nou enige oomblik oor die laning tussen die Teologiegebou en...
Sê jou sê, ongeag…
Ek worstel deesdae met dié kwessie: Word ons progressief dommer? En nee, ek praat nie van minder geleerd, met minder kwalifikasies, ’n onvermoë om wiskundige of natuurwetenskaplike feite te snap nie. Daarvoor ag ek die geesteswetenskappe en gepaardgaande vermoëns...
Kom ons sit weer saam aan tafel
Reg deur die Bybel lees ons van mense wat bymekaar kom en saam eet. Jesus gee aan baie mense kos, maar Hy eet ook saam. Sekerlik die bekendste ete is die maaltyd wat Jesus saam met sy dissipels genuttig het net voor sy kruisiging. En ons lees in Lukas 22: 15 dat Jesus...
Wat kan Simon die Seloot ons leer van ekstremisme?
Die afgelope ruk in ons gemeente se Bybelstudie is ons besig met die apostels. Van Petrus tot Judas Iskariot, het ons al 12 behandel so ver. Elke week het ons na een of twee apostels se lewens gekyk – wie was hulle? Waar het hulle vandaan gekom? Waar lees ons van...
Wie’s die Dywel?
En toe vra hulle my sowaar om oor die Dywel te skryf – kan jy glo! Ek ken die ou nie eens nie; trouens, ek dink nie eens dat die Dywel enigsins bestaan nie. O gaats, dis seker gewaagd vir ’n dominee om te sê dat hy of sy nie in ’n Dywel glo nie. Maar vir enige een wat...
Gaan ons Museum oorleef?
(Foto’s: NHKA Argief, CJ de Bruin, Robert Erasmus, Diederik Kuhne, Neels Jackson, Nerine du Plessis, Google en Facebook)Iemand het ’n lappop op ’n ashoop weggegooi. Ons Museum bestaan nie uit ’n klomp weggooigoeters nie. Dis ook nie ’n garage wat net stoorplek is vir...
Vroue, en skoothondjies
Vrouedag vier sterk vroue, Uniegebou- en kaalvoet-oor-die-Drakensberg-vroue, pasboek- en bergpasvroue. Dis diep. Hierdie jaar lewer Vrouedag toe ’n nuwe Mejuffrou Suid-Afrika op. Dis vlak, so sê die twiete. Argaïes, ’n terugslag en ’n klap in die gesig van die...
Luister asseblief!
Dit neem nie lank om ’n ondersteuningsgroep vir vroue in die amp op sosiale media te vind nie. Die groepe is in elke land, in elke taal, want die ervaring van vrou in die amp wees, is in elke land, in elke taal. Ook in Suid-Afrika, in die Reformatoriese tradisie....
My kanseltrapgebed
Daardie oomblik wanneer dominees vinnig vóór hulle die kansel bestyg, stil staan by die voet van die preekstoel, het my nog altyd gefassineer. In daardie vinnige pouse, wat gaan alles deur die predikant se kop? Is dit ’n aarseling? Vra hulle iets vir die Here? Of haal...

























