by Ds Neels van Tonder (Emeritus) | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Tydens die 72ste Algemene Kerkvergadering in 2019 is besluit dat die Kerk by die volgende AKV die kwessie van bystandsdood onder bespreking moet neem. ’n Bespreking van hierdie onderwerp kan maklik deur emosionele ervarings oorheers word. Dié risiko is méér geldig...
by Dr Deon du Toit (Gemeente Pierneef/dosent) | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Dinge gebeur so vinnig in die wêreld van sosiale media dat daar ’n goeie kans is hierdie skrywe is reeds uitgedien teen die tyd dat dit gepubliseer word. Die aard van sosiale media is om intyds te wees – sonder filters. Aanvanklik het almal gedink dit is ’n goeie...
by Redaksie | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Soos ’n kindjie by sy moeder ’n Pelgrimslied. Van Dawid. Here, my hart is nie hoogmoedig en my oë nie verwaand nie. Ek hou my nie besig met groot dade of wonderwerke bo my vermoë nie. Nee, ek het my gemoed tot kalmte en bedaring gebring. Soos ’n kindjie by sy ma, soos...
by Ds Johan du Preez (Van der Hoff) | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Psalm 131: ’n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek...
by Ds Willem Sauer (Waterberg) | Maandag, 1 Februarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
Ek onthou nog my skok en ontsteltenis toe ek byna ’n jaar gelede in die koerant gelees het wat die Britse premier, Boris Johnson, gesê het toe Brittanje in hul eerste staat van inperking ingegaan het. Hy het gesê die gevolg van hierdie virus is dat baie mense gaan...
by Prof Tanya van Wyk (Universiteit van Pretoria/Nederlandssprekende Gemeente) | Vrydag, 29 Januarie, 2021 | Die Hervormer, Januarie/Februarie 2021, Jaargang 113, Nommer 9
The worries of the old year still torment us:the long days of our sorrow still endure.Oh Lord, give our frightened soulswhat you have promised – the healing and the cure. Dit is ’n uittreksel uit ’n gebed/gedig van die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer. Volgens...
by Oupa Stoep | Vrydag, 6 November, 2020 | Die Hervormer, November/Desember 2020, Jaargang 113, Nommer 8
Wonderende Wilhelmina van Wonderboom wil weet: Deel van die Kersversierings wat mens nou orals sien, die prentjies van die drie wyse manne in hulle mooi kleurryke gewade met sulke punthoede op hulle koppe. Wie was hulle nou eintlik? Beste Wilhelmina, Oupa gaan jou...
by Redaksie | Vrydag, 6 November, 2020 | Die Hervormer, November/Desember 2020, Jaargang 113, Nommer 8
Gemeentes kan nou bestellings plaas vir die Bybel 2020. Die Bybel word amptelik bekendgestel op Sondag 29 November. Die swart hardeband standaarduitgawe kos R129 en die leer-sagtebanduitgawe R329. Daar is nog nie ’n grootdrukweergawe beskikbaar nie. Daar is ook ’n...
by Prof Wim Dreyer (Outeniqua) | Vrydag, 6 November, 2020 | Die Hervormer, November/Desember 2020, Jaargang 113, Nommer 8
Die 72ste Algemene Kerkvergadering (2019) het besluit dat die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) versterk en uitgebou moet word. As deel van hierdie proses, is daar ook besluit dat ’n Sentrum vir Reformatoriese Teologie (SRT) aan die HTK gevestig moet word. Die SRT is...
by Ds Willem Dreyer (Gemeente Groot-Marico/voorsitter van die Kerkhistoriese Genootskap) | Vrydag, 6 November, 2020 | Die Hervormer, November/Desember 2020, Jaargang 113, Nommer 8
In die vorige aflewering is aangetoon dat daar binne die teologie van die Hervormde Kerk twee duidelike strome was. Aan die een kant was daar ’n groep teoloë en predikante wat Artikel III van die Kerkwet (wat lidmaatskap tot blankes beperk) en volkskerk ondersteun...