by Oupa Stoep | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Opgewonde Olga van Onseepkans vra: Beste Oupa Stoep, ek en my man het ’n stukkie grond op Onseepkans geërf. Ons het daarmee saam ook ’n stewige geldelike erflating ontvang. Ons is baie dankbaar daarvoor, want nou kan ons ons droom verwesenlik om ’n trouvenue op te rig...
by Redaksie | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Suzanne van Deventer, maatskaplikewerkbestuurder by Rata Maatskaplike Dienste verantwoordelik vir die DPS-pleeghuise, is op 19 Maart vanjaar vereer met Solidariteit Helpende Hand se Hoopdraers-toekenning, saam met twee ander maatskaplike werkers wat diep spore van...
by Ds Etienne Fourie (Emerituspredikant) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Dat baie dinge baie skeefloop in ons pragtige land, is ’n feit. Dat daar baie probleme is met die infrastruktuur in die land, kan niemand ontken nie. Dat dit wil voorkom asof meer dinge stukkend is en stukkend bly as wat daar dinge is wat reg is en reg loop, is nie...
by Ds Carel Johann de Bruin (Emerituspredikant/Sekretaris van die Komitee vir die Argief, Museum en Biblioteek) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Sonja Herholdt sing liedjieboer Anton Goosen se verlangwoorde: Vat my terug (saam) na die Blouwaterberge … Van heinde en verre kom die kapkarre aan. Die vosperde galop dat die stofduiwels staan. Naby die groot tent hoor jy die gesing. Die blaaslong se kerm in...
by Sarel de Klerk (Voorsitter: Noordelike tak van die Argeologiese Vereniging van Suid-Afrika) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Ingang tot die Anglo-Boereoorlog-kerkhof vir ongedoopte kinders te Springfontein. Agterlangs is die opskrif Vir Vryheid en Reg deels bokant die hek sigbaar. ’n Mens ry maklik by Springfontein verby op die lang roete vanaf Gauteng na Kaapstad. Op die oog af lyk dit of...
by Dr Robert Jones (Villieria/Derdepoort) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Dr Robert Jones het pas ’n tweede PhD-graad aan die Noordwes-Universiteit behaal. Die onderwerp van sy proefskrif was Hermeneutiek van Kerkreg toegepas op die Kerkorde van die NHKA. Hierdie artikel is daarop gebaseer. Die tema van sy eerste PhD-graad, wat hy in 2010...
by Ds Schalk Zastron (Ermelo) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Elke jaar is daar ’n klomp inisiatiewe en kreatiewe idees waarmee die Bybelgenootskap gemeentes motiveer om fondse in te samel vir Bybelverspreiding. In Ermelo het ons in 2022 ’n paar idees van stapel gestuur, maar dit het nie die opbrengs gehad waarop ons gehoop het...
by Dr Sanrie de Beer (Philadelphia-Studentegemeente) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
’n Studentegemeente het unieke uitdagings. Waar kry jy mense om die kerkbanke vol te sit? Waar kry jy mense wat jy lidmate kan noem as ons voortdurend tot siens moet sê vir studente wat aanbeweeg? Hoe wys ’n mens groei in getalle en fondse? Is dit dan nie die maatstaf...
by Dr Wouter van Wyk (Sekretaris: Kommissie van die AKV) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het besluit dat die Hervormde Kerk in 2024 deelneem aan die herdenking van die eerste AKV wat in 1824 vergader het. Die AKV van 1824 was die eerste sinodale vergadering in die geskiedenis van Suid-Afrika. Tydens die AKV...
by Dr Annelie Botha (Dosent, Praktiese Teologie, spesialiteit Pastoraat) | Maandag, 29 April, 2024 | Die Hervormer, Mei 2024, Jaargang 117, Nommer 2
Gesondheid en welstand word dikwels gemeet aan mense se veerkragtigheid (resilience). Veerkragtigheid het te doen met die menslike vermoë om te herstel, “terug te bons” na die belewenis van trauma en teenslae in die lewe. Mense se vermoë om te herstel na trauma word...