Artikels
Liefde: God se gebod of mensereg?
Een van die heel moeilikste goed wat geloof van jou eis, is dat, as jy God wil dien, jy met mense moet leer klaarkom, selfs met mense wat jy nie vanself sou liefkry nie. Ons kan nie kies om die Here te dien maar mense nie lief te hê nie. God het dié twee wedersyds...
As dinge begin glip…
Jy hou vas aan jou perspektief op gebeure. Jy glo wat jy dink jy beleef. Jy leef in jou eie borrel met jou eie insigte en voorkeure en opvattings. En dan begin dinge glip. Dalk het iets onverwags oor jou pad gekom, soos ’n onderonsie tussen twee mense wat jy aanskou...
’n Lewe gebou op ’n vaste rots
Wêreldbiddag vir Vroue is vanjaar op die gebruiklike eerste Vrydag van Maart wêreldwyd gevier op 5 Maart 2021. Die land wat 2021 se tema, ’n Lewe gebou op ’n vaste rots, voorberei het vir Christenvroue, is Vanuatu. Vanuatu bestaan uit ’n klomp eilande in die Stille...
Het Salome hier vir Herodes gedans?
Hongaarse argeoloë maak daarop aanspraak dat hulle waarskynlik die dansvloer in Machaerus gekry het waar Salome gedans het vir die prys om Johannes die Doper se kop in ’n skottel te kry (Matt 14: 11). Johannes die Doper se dood word op ongeveer 29 nC bereken. Die...
God se opdrag – my verhouding met die natuur
Kom ek wees eerlik, ek is nie veel van ’n televisiemens nie en ek kyk ook nie dokumentêre films nie. My Octopus Teacher is egter die een-keer-in-’n-leeftyd-uitsondering. Dit is ’n meesterstuk waarvoor jou byvoeglike naamwoorde opraak. Indien Graig Foster se verhaal...
5% van ons is weg
Die matriekuitslae bevestig wat ons almal geweet het sou kom: Minder matrikulante het die paal gehaal. Te midde van teleurstelling en verwyte gemik teen die Departement, skole en Covid-19, en in ons eie huise teen ons kinders wat nie aan verwagtinge voldoen het nie,...
Wat laat jou huil?
Wat laat jou huil? Watter dinge maak die sluise oop sodat die trane onbeheers vloei en die seer net nie wil wyk nie? Ek redigeer iemand se begrafnisbrief, en skielik rol die trane. Ag Here, daar is soveel hartseer nou in die wêreld. Soveel hartseer altyd, elke dag,...
Soepel genoeg?
Twee onverwante beelde bly my by: ’n video van ’n tenkskip waarvan die boeg in stormsee knak en soos ’n melktand wat wissel rondswaai, en die fliek wat sonder twyfel in die ry staan vir ’n handvol toekennings: The trial of the Chicago 7. Ek was lank betrokke by...
Woldraad uit Dawid se tyd ontdek
Klein stukkies wol wat uit ongeveer 1000 vC dateer, is in ’n ou kopermyn in die Timnavallei naby Eilat in die suide van die Aravawoestyn ontdek. Dié stukkies wol dateer dus uit die tyd waarin koning Dawid van die Bybel geleef het en is derhalwe ’n besondere groot...
Die kerk buite die “polis”: In die wêreld maar nie van die wêreld nie (2)
In Eksodus 33:7 lees ons: Moses het ’n tent gevat en dit ver buite die kamp gaan opslaan. Hy het dit die tent van ontmoeting genoem. Elkeen wat na die wil van die Here wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan. Ek dink onwillekeurig aan die kruis...









