by predikante van die ring van Krokodilrivier | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
Geagte Redaksie Alles in die geloof is vrywillig. Om by ’n gemeente aan te sluit of die gemeente te verlaat, is vrywillig en sonder regsimplikasies. Jesus het nooit enigeen gedwing om in Hom te glo of by Hom te bly nie. In die Hervormde Kerk verkondig ons: Ons is...
by Dr Daan van Wyk (jr) (Ebenhaëzer) | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
Soms hoor ’n mens op begrafnisse dat daar uitvoerig vertel word hoe ’n besonder goeie mens die een was wat oorlede is. Dan word baie tyd daaraan bestee om te vertel hoe baie hy of sy vir die armes gedoen het; of hoeveel geld die persoon aan liefdadigheid spandeer het;...
by Dr Thinus van Staden (Gemeente Montana) | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
Loof die Here, o, my siel! Here, my God, U is baie groot; U is met luister en glans beklee, U wat Uself met lig omhul, soos in ’n mantel, wat die hemel oopspan soos ’n tentdoek. (Psalm104: 1-2, AFR2020) Psalm 104 is een van my gunstelingpsalms. Die digter besing die...
by Dr Sanrie de Beer (Philadelphia-Studentegemeente) | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
’n Kort verhaaltjie. ’n Skooljuffrou vra haar multikulturele klassie om die volgende dag iets skool toe te bring wat hulle herinner aan hul godsdiens. ’n Katolieke dogtertjie bring toe haar gebedsnoertjie en sê dit is vir haar ’n simbool van “ek hoort iewers”. ’n...
by Redaksie | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
Julle sal My sien Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog ’n kort tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek leef en julle sal leef. (Johannes 14: 18-19, AFR2020) Op berge en in dale en oral is my...
by Dr Sanrie de Beer (Philadelphia-Studentegemeente) | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
As julle dan saam met Christus opgewek is, streef na dit wat daarbo is, waar Christus aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge daarbo, nie die dinge op aarde nie. (Kolossense 3: 1-2, AFR2020) Elkeen van ons stel vir onsself ’n prentjie van die hemel voor. Die...
by Ds Willem Sauer (Waterberg) | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat ons in ’n uiters gefragmenteerde samelewing woon. Tipies in die gees van die postmodernisme het feitlik elkeen ’n eie siening oor alles wat rondom ons gebeur. ’n Mens het dit in 2020 en 2021 baie akuut ervaar in die...
by Prof Ernest van Eck (Universiteit van Pretoria) | Tuesday, 3 May, 2022 | Die Hervormer, Mei 2022, Jaargang 115, Nommer 2
Op 24 Februarie 2022 gebeur die ondenkbare – Rusland val Oekraïne binne. Wanneer ek hier skryf, is die oorlog amper reeds drie weke lank, met verskeie sterftes aan beide kante. Op ons televisieskerms sien ons grusame tonele. Mense vlug na buurlande, ’n pasgebore baba...
by Oupa Stoep | Thursday, 7 April, 2022 | April 2022, Jaargang 115, Nommer 1, Die Hervormer
Benarde Barbara van Brakpan vra: Beste Oupa Stoep, ek werk in ’n speelgoedwinkel en hulle vra my toe om ’n boemerang uit te toets. Ek het gedink ’n mens gooi hom net weg, maar toe kom hy terug en slaan my kop dat die bloed loop. Ek stel toe ’n eis in vir ’n besering...
by Peet Bloem | Thursday, 7 April, 2022 | April 2022, Jaargang 115, Nommer 1, Die Hervormer
As ’n teologiestudent van ons Kerk het ek die voorreg gehad om op 6 Maart die oggenddiens by Gemeente Philadelphia saam met my medestudente by te woon. Prof Elsabé Kloppers het aan ons ’n roerende boodskap uit Ester gebring vir die eerste Sondag van die Lydenstyd. Die...