by Ds Etienne Fourie (Emerituspredikant en Gemeente Benoryn) | Maandag, 6 November, 2023 | Die Hervormer, November/Desember 2023, Jaargang 116, Nommer 7
Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. (Matteus 11: 28) Lees Matteus 11: 28-30 Danie Botha sing: Wenners, wenners, wenners, wenners moet ons wees. Die liedjie sit ’n ondraaglike las op ’n mens, die las om wenner te móét wees. In die...
by Dr Johan van Staden (Sionspoort) | Maandag, 6 November, 2023 | Die Hervormer, November/Desember 2023, Jaargang 116, Nommer 7
Jy het die verrigtinge geopen met ’n gepaste boodskap. Jy gaan sit weer om vir ’n wyle te vertoef – een helfte belangstelling, ander helfte ordentlikheid. Jy sal netnou uitglip. Die een wat die mikrofoon by jou oorgeneem het, het egter skaars begin, of jy hoor die...
by Prof Wim Dreyer (Outeniqua) | Maandag, 6 November, 2023 | Die Hervormer, November/Desember 2023, Jaargang 116, Nommer 7
Die aand van 9 Desember 1968 het die wêreldberoemde Switserse teoloog Karl Barth op sy bed gelê. Hy was 82 jaar oud, en besig om te sterf. ’n Paar uur voor sy dood het hy ’n telefoonoproep van sy vriend en kollega aan die Universiteit van Basel, prof Eduard...
by Oupa Stoep | Donderdag, 28 September, 2023 | Die Hervormer, Oktober 2023, Jaargang 116, Nommer 6
Ek lees gereeld Oupa Stoep se Stoepstories en wil graag ook ’n eiertjie lê – of noem mens dit nou ’n flitsie stuur – rakende sy brief aan Dikvellige Dirkie van Danville oor ’n oorontwikkelde obsessie met foto’s (Die Hervormer, Augustus 2023). Liewe Oupa Stoep, my naam...
by Redaksie | Donderdag, 28 September, 2023 | Die Hervormer, Oktober 2023, Jaargang 116, Nommer 6
Ds AV (Antonie) van Staden (52), nie-diensdoende predikant, is Dinsdagoggend 29 Augustus tuis na ’n hartaanval oorlede. Ds Van Staden is op 26 Februarie 1995 georden en het gedien in Rustenburg-Suid/Rustenburg-Kloof, Stoffberg/Roossenekal en Sannieshof, waarna hy...
by Ds Daniel Steinmann (Redakteur, Namibia Economist/Gemeente Windhoek) | Donderdag, 28 September, 2023 | Die Hervormer, Oktober 2023, Jaargang 116, Nommer 6
Gemeente Namibkus in Namibië het aan die begin van Julie vanjaar hul nuwe kerkgebou in Swakopmund ingewy. Dit was ook die gemeente se 40ste verjaardag. Gemeente Namibkus bestaan uit drie afdelings wat oor drie dorpe versprei is: Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai....
by Ds Carel Johann de Bruin (Emerituspredikant/Sekretaris van die Komitee vir die Argief, Museum en Biblioteek) | Donderdag, 28 September, 2023 | Die Hervormer, Oktober 2023, Jaargang 116, Nommer 6
Avondsmaalviering is gehou op 23 en 24 Oktober 1920 in Gemeente Ventersdorp (gestig 20.02.1892 en kerkgebou ingewy 28.03.1913), waartydens ds DF Erasmus as herder en leraar bevestig is – vir ’n rekord van 43 jaar! In De Hervormer van 15 Desember 1920 word berig dat...
by Ds Daniel Steinmann (Redakteur, Namibia Economist/Gemeente Windhoek) | Donderdag, 28 September, 2023 | Die Hervormer, Oktober 2023, Jaargang 116, Nommer 6
Titel: Martin Luther, ’n Inleiding tot sy lewe, denke en geskrifteOuteur: Prof Ignatius WC van WykUitgewer: AOSIS as HTS Teologiese Studies, Supplementum 13Samestelling: Inhoud 284 bladsye; Chronologie 13 bladsye; Bronnelys en literatuurverwysings 25 bladsye; Indeks...
by Ds Neels van Tonder (Emeritus) | Donderdag, 28 September, 2023 | Die Hervormer, Oktober 2023, Jaargang 116, Nommer 6
Die hoërskool waar ek gematrikuleer het, het ’n Latynse leuse gehad wat lees Age Quod Agis, wat vry vertaal beteken, Wat jy doen, moet jy goed doen. ’n Klompie maande gelede sê ’n predikant vir my dat hy geïrriteerd raak met die Calvinistiese verknegdheid in die...
by Ds Cobus Manders (Belltower Reformed Church, VSA) en ds Mari du Plessis-Manders (ampsvoorreg/nie-diensdoende) | Donderdag, 28 September, 2023 | Die Hervormer, Oktober 2023, Jaargang 116, Nommer 6
Ons avontuur in die VSA het begin op 31 Januarie 2022. Vandag kyk ons terug op een jaar en sewe maande sedert ons hier aangekom het. Daar was so baie eerstes wat ons as gesin saam kon deel. Ons was kinderlik opgewonde om vir die eerste keer sneeu te sien. Hier in...