Artikels
Hier is ons vriende in Afrika
Die Here roep ’n mens soms op ’n plek en manier wat jy nie verwag nie. So het dit ook gebeur dat drr André Ungerer en Wouter van Wyk pas die Evangelies Kongregasionalistiese Kerk in Angola (EKKA) gaan besoek het. By ’n byeenkoms van die Afrika Gemeenskap van...
Daardie video – waarom word ons kwaad?
Waar ek hier by my lessenaar sit en skryf, het twee weke, twee preke en wat voel na 200 (maar wat waarskynlik nader aan 20 is) persoonlike gesprekke verloop sedert ’n pastoor die finale produk van ’n matriekeindeksamenkunsprojek gesien, namens God aanstoot geneem, die...
My enigste troos…
Daar het ’n hele tyd terug ’n redelike groot swerm bye in ons kerk se dak ingetrek. Hulle het nooit enigiemand gepla nie, tot ons nuwe sekuriteitsligte aan ons kerk wou aanbring. Die struktuur van die dak maak dit baie moeilik om by die bye uit te kom om hulle veilig...
’n Emmer koue water… en toe die realiteit!
Dit was ’n normale Sondag. Ons het as gesin saamgekuier. Meteens word die gesprek verander: Pa, Ma – ons het besluit om vir ’n paar jaar Engeland toe te gaan. Ons reaksie: Vir hoe lank en wanneer? En die antwoord: Vir eers beplan ons vir so vyf jaar, en ons gaan al...
Kom ons maak ’n plan met werkloosheid
Die wrede werklikheid van werkloosheid is oral om ons. Nou het ons egter ’n kans om ’n verskil te maak in ons land. Die Hervormde Kerk is, saam met ’n aantal ander kerke en geloofsgebaseerde organisasies, nou al ’n paar jaar lank betrokke by die werk van die...
Om te wees, of liefs nie?
Dís die onmoontlike vraag wat ek, en William Shakespeare se Hamlet, in ’n hoek gedryf, vra. ’n Geliefde stoei met kanker. Menslik gesproke, was die diagnose al ’n doodsvonnis. Dog, wonderbaarlike “opstandings” het ons nou al drie keer in drie maande laat besef: Vir...
Anders maar eenders – die NHKA en die NGK
Skaars twee weke na die Hervormde Kerk (NHKA) se Algemene Kerkvergadering (AKV), het die NG Kerk (NGK) hul Algemene Sinode (AS) gehou. Vir iemand wat die AS vir die eerste keer bygewoon het, was die verskille en ooreenkomste opvallend. Die AS met 200 afgevaardigdes is...
Voorkeure en persepsies
Deesdae fassineer mense se uiteenlopende persepsies en verskillende voorkeure my opnuut. Dit laat my dink aan CS Lewis se woorde in die kinderboek The Magician’s Nephew: Wat jy sien en wat jy hoor, hang in ’n groot mate af van waar jy staan. Dit hang ook af van die...
Ons sing weer
Hier op die platteland is vernuwing nie altyd goeie nuus nie. Waarom torring aan wat werk? So voel ons. En kom dit by liturgiese verandering, skop ons vas. “Stoer”, so noem ons onsself, en “behoudend” is wat dit beteken. As daar nou een ding is wat krap, is dit...
Die ADV gaan voort
Beskrywingspunt 52 van die 72ste Algemene Kerkvergadering (AKV) se oogmerk was dat diakens deel moet vorm van die AKV. Hierdie beskrywingspunt is nie goedgekeur nie. Ek kan heelwat fronse en wenkbroue sien wat in vraagtekens trek. Wat het die lede van die vergadering...









