Artikels
’n Teologiese Opleiding sonder studente?
’n Paar weke gelede is die Kerk in Blitspos ingelig van ’n bosberaad wat die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) en die Kuratorium gehou het oor die uitdagings met ons Kerk se teologiese opleiding. Dit was vir my nogal teleurstellend dat, ongeag die lang...
God gee aan alle mense waarde
Psalm 8 laat geen twyfel oor die mens se menswaardigheid nie. God self het ons met eer en waardigheid bekroon. In Bybelse taal: God gee aan alle mense waarde. God tree met alle mense in verhouding. Jesus verpersoonlik menswaardigheid soos volg: Jesus lê sy lewe af vir...
Koalisies met God
Op stemdag, 1 November 2021, het ek só geredeneer: Gaan stem, want geen politieke party het dit 100% reg nie, nie eens die een waarvan jy die meeste hou nie; geen politieke party het al ooit presies gesê wat jy wil hê nie; geen politieke party gaan alles regmaak nie,...
Ontdekte prismas bevestig Bybelse verwysings
Buite-Bybelse verwysings na Bybelse gebeure is waardevolle inligting om die geskiedenis van die Bybel beter in te kleur. Een so ’n verwysing is dié van koning Sanherib van Assirië se gespog oor hoe hy koning Hiskia soos ’n voël in ’n kou in Jerusalem vasgekeer het....
Lewe die Liefde
Lewe die Liefde ... die tema van die NHSV die afgelope 18 maande. Ek wil begin deur te vra: Wat is Liefde? Ek haal die volgende aan uit ds Pieter le Roux se preek van Sondag 23 Mei 2021: Liefde is die liefde van God. God is Liefde. Hy is die bron van Liefde. Hy gee...
Die tyd het aangebreek…
Ek sit hier en dink aan tyd, want ons het vroeër vandag as ’n Bybelstudiegroep in Markus 1: 15 gelees. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Hierdie gedeelte het net weer vir my bevestig dat...
Liefde oorwin alles, ook die dood
Daar is ’n ou Franse liefdesliedjie met die naam Ne me quitte pas – Moenie weggaan nie. Die liedjie verwoord iets van die hartseer van afskeid neem van iemand vir wie jy lief is. Daarom sê die liedjie, vry vertaal in Engels: If you go away, on a summer’s day, you...
Eerder tuis werk, of op kantoor?
In Maart 2020 gebeur die onvoorsiene in Suid-Afrika, en die meeste werkplekke sluit hul kantore en stuur hul werknemers huis toe. Wonderlik! juig baie. Minder petroluitgawes, ontslae van stresvolle padverkeer, buigbare kantoorure, minder onderbrekings gedurende...
Jy skuld my!
Die lawwe verhaal word vertel van Paddy Corcoran se vrou. Paddy Corcoran se vrou was jare lank siek. Sy was bedlêend en het allerhande medisyne probeer. Paddy was al raadop. Toe, eendag, kom ’n vroutjie met ’n netjiese rooi mantel daar aan en sê: Kitty Corcoran, jy lê...
As al ons dae “genommer” is – hoekom hou ons aan met tel?
Hierdie woorde is ’n direkte vertaling uit Engels van die lirieke van een my gunsteling-popgroepe. Dit val dalk effens swaar op die Afrikaanse oor. Die titel is ’n woordspel met “nommers” en “tel” wat ongelukkig nie ewe goed in Afrikaans weergegee kan word nie. Ek kry...









