Artikels
Van Superma tot Corona-Mouna
Goei-e-mô-re… Mamma… ek bedoel Juffrou? In talle huise wêreldwyd het hierdie woorde elke oggend die besorgde moeders van die nuwe Alfa-generasie begroet. Talle voornemende mamma-juffrouens het na die eerste paar weke van grendeltyd hul nuwe beroep as tuisblyma en...
Uitbranding! Kan dit met mý gebeur?
Voel jy permanent uitgeput, nie lus vir sosiale geleenthede nie, twyfel jy aan jouself, is jy onnodig geïrriteerd by jou huis en werkplek, of ly jy aan slaaploosheid? Dink jy soms Ek ken myself nie meer nie, maar bly steeds sê Ek is ok? As jy êrens Ja antwoord, is...
Dawerende stilte
Ek kan insien dat ek kan aanstoot gee, met wat ek sê, skryf en doen. Ek gee toe dat die dinge waarin ek glo en waarvoor ek staan, ander mense kan afstoot. Ek is gemaklik daarmee dat die mense met wie ek my vereenselwig, ander kan vervreem. Ek verstaan ook die ding dat...
Covid-19 en ons kinders
Toe die kinders en families in Gemeente Delmas uitgevra is oor hul ervaring van die grendeltyd, het hul antwoorde heelwat stof tot nadenke gebied. Hoe voel dit om nie skool toe te gaan nie? Sleg, want skool is lekker. Baie lekker op die plaas, maar ek mis my maats (x...
Dood van ’n geliefde
Die dood is die grootste vyand van die mens. Van Adam tot nou vul dit ’n mens met vrees. Dit veroorsaak onsekerheid, trane, pyn, verlange. Dit raak elkeen van ons. Ons skram weg daarvan. Veral van ons eie dood. Predikante preek nie baie daaroor nie. Dit is asof hulle...
Paleis buite Jerusalem ontdek
By die Israelse Raad vir Oudhede (IAA) is daar groot opgewondenheid ná die ontdekking net buite Jerusalem van die oorblyfsels van ’n paleis. Dié ontdekking is iets buitengewoon en is reeds in November 2019 gemaak, hoewel die aankondiging daaroor eers op 3 September...
’n Huldeblyk aan my mentor
Martin Luther het by geleentheid gesê dat indien dit nie vir dr Johann von Staupitz was nie, hy tot in die diepste duisternis van die hel sou versink het. Johann von Staupitz was die verteenwoordiger van die Augustynse Orde aan die Universiteit van Wittenburg toe...
My vyeboom
Emeritaat, pensioen, aftrede. Dit beteken alles dieselfde. Dit bekruip jou soos ’n dief in die nag. Ek het vir baie jare gedroom dat as ons op pensioen gaan, ek graag op ’n plek sou wou woon waar daar ’n vyeboom is, ’n vyeboom soos die Bybelse vyeboom. Onwillekeurig...
Twyfel jy ook?
Ek het twee keer erg getwyfel, so erg ek onthou dit maar alte goed. O, ek het honderde, dalk duisende kere al getwyfel, oor kleinigheidjies, maar dié twee keer was ernstig. Ek kon dit nie afskud nie, en ek het noodgedwonge ander planne met my lewe begin maak. Dít het...
Newcastle lééf hul nuwe identiteit
Wanneer die verhaal van ’n gemeente vertel word, is daar ’n belangrike perspektief wat op die voorgrond staan selfs al kan jy nie die onsigbare krag daarvan waarneem nie. Wat jy wel kan raaksien, is die mense en die aktiwiteite wat hulle uitvoer onder leiding van...









