Artikels
Gemaskerde gelowiges
Grendeltyd. ’n Woord met soveel verskillende betekenisse wat soveel emosies by mense ontlok. Agter slot en grendel, inperkingstyd, nadink-tyd, hartseertyd. Watter betekenis het die grendeltyd vir jou? Aanvanklik was almal geskok. Nog nooit het so iets met my gebeur...
Missiologies-holistiese bejaardesorg in die NHKA
In 1937 het die destydse Departement van Volkswelsyn besluit om rentevrye lenings beskikbaar te stel vir die oprigting van tehuise vir bejaardes. Die vroue van ons Kerk het spoedig hiervoor begin werk, en in 1948 gee die NHSV se Kongres toestemming vir die stigting...
Kleitablet met ’n Kanaänitiese gevangene daarop
Dit gebeur nie elke dag dat ’n artefak van 3 500 jaar oud toevallig deur iemand opgetel word nie. Dit is presies wat met ’n sesjarige seun gebeur het terwyl hy en sy ouers in Maart 2020 op ’n staptog naby die Gasagrens was. Hy het ’n klein kleistuk opgetel, waarop ’n...
As ek eendag groot is…
Ons almal het al by tye as ek eendag groot is-wense gewens. As ek eendag groot is, wil ek blommetjiesgordyne in my kombuis hê en ’n riempiesbank met kussings wat in die kombuis staan. Ek wil my eie huis hê – nie ’n huurhuis nie. Ek wil my swaarverdiende...
Nuwe normaal
Die uitdrukking “nuwe normaal” word nou so baie gebruik, dis geyk nog voor dit gebeur het. Dit kom, sê almal, maar baie min waag nog om te sê hoe die nuwe normaal gaan lyk. Dis dalk ’n geval van leë kraan, hou toe jou bek, nè? Nou ja, hier kom my nek. Hierdie is ’n...
Om die objek van haat en swart fascisme te wees…
Ek is die afgelope tyd opnuut ontnugter en ontstel deur die samelewing waarin ons leef. Na my mening moet die profetiese stem van die Kerk ’n slag gehoor word jeens die onreg van ons tyd. Weens die voorreg wat ek gehad het om in Europa te studeer en weens my lewendige...
Want die land is Myne
Gedurende die grendeltydperk, te midde van ’n groot bedreiging wat alle menslike verstand wêreldwyd te bowe gaan, het ek gesien dat daar in wanhoop na Bybelversies gegryp word. Baie gedeeltes word wel “herontdek” en van nuuts af ontgin om ’n toepassing te vind vir ons...
Ek mis my kerk…
Ek kom ’n rukkie gelede af op ’n Britse realiteitsprogram op televisie waar ’n vrou ’n uitnodiging ontvang het na een van koningin Elizabeth II se tuinpartytjies in die tuin van Buckinghampaleis, die huis van die koningin. Ek was in die eerste plek ’n bietjie verstom...
Hoe lief het ek u wonings, Heer
Ons het Sondag erediens gehou, in ons kérkgebou erediens gehou. Daar was net 18 van ons. Ons was diep geroer. Dit was ’n moeilike besluit om tot daar te kom. Toe die grendeltyd aanvanklik aangekondig is, was dit maklik om te sê die President het so besluit, en in...
Misterieuse vertrekke onder Westelike Muur ontdek
Die Israelse Raad vir Oudhede (IAA) het in Mei 2020 bekend gemaak dat argeoloë onder die Westelike Muur en die aangrensende gebied, wat met die draai van die Christelike eeu nog ’n stadsplein was, ’n hele netwerk van ondergrondse gange en vertrekke gekry het. Dié...









