Kyk, Ek doen iets nuuts: Oor die ongemak en verrassing van verandering

Kyk, Ek doen iets nuuts: Oor die ongemak en verrassing van verandering

Verandering is so goed soos ’n vakansie, lui die gesegde. Sê wie? het ek al met tye binnemonds gebrom as ek vele veranderinge tegelyk moet verduur, veral sonder kennisgewing. Miskien is dit omdat ek op daardie tye in my lewe “verandering” met “teëspoed” in verband...