Artikels
Die Here in my kombuis
Die meeste van ons bestee ’n redelike hoeveelheid tyd in ons kombuise – altyd haastig besig om iets voor te berei vir honger mae en kinders met hol bene. In ons gejaagde lewe het ons nie ’n ander keuse nie as om selfs met ons stiltetyd saam met die Here kreatief te...
Om die verlede te onthou, te midde van ’n onsekere toekoms
Sedert Januarie 2022 bevind ek my in die Verenigde Koninkryk (VK). Daar is baie verskille en ooreenkomste tussen die VK en Suid-Afrika, en deel van die avontuur sover is om agter te kom waar oorvleuel ons en wat – groot of klein – is anders en nuut. Iets wat ek nou al...
Om dankbaar te leef…
Ons manier van doen en dink het die afgelope twee jaar heeltemal verander. Dis asof die pandemie ’n mens gedwing het om meer bewustelik te leef, meer te fokus op die dinge wat werklik saak maak, veral wat ons denke en ingesteldheid betref. Ons denke speel ’n veel...
Die evolusie van die drukker
Daar kan tog geen redelike twyfel daaroor bestaan nie: dat God van gelowiges verwag om op elke moontlike terrein van ons lewens getrou te wees? En dit sluit tog seker ook hoe ons handeldryf in? Die profeet Miga sien onreg op straat. Dit is versigtig verdoesel in die...
Lydenstyd in Jerusalem
Hierdie kroniek is in 2003 gedurende die Pase in Jerusalem geskryf. In die lig van die onnodige oorlog toe en nou, is dit goed om opnuut te besin oor die andersheid van God se koninkryk teenoor dié van wêreldse regeerders. Vir wêreldse konings gaan dit om mag en...
Uit my hoek
My kinders steek goedig met my die draak oor my volslae skepsis oor die media. Ek vertrou geen media meer nie. (Danksy Freek en Jakkals.) Ek aanvaar niks as waar nie, nie eens meer wat ek voor my eie oë sien afspeel nie. Alles wat vir my opgedis word, is so betroubaar...
Gebede vir geregtigheid – ook in Oekraïne
Kom laat ons bid. Hoe onskuldig kan so ’n versoek klink. En hoe omstrede! Kom ons bid vir vrede en die onmiddellike beëindiging van Rusland se inval in Oekraïne. So vra die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK, of WCRC in Engels) in ’n brief aan al haar...
Die wêreld se oudste Bybelkaart
Die wêreld se oudste Bybelkaart staan bekend as die Madabakaart. Dié kaart is in 1884 in die vloer van ’n Bisantynse kerk uit die tweede helfte van die sesde eeu in Madaba, Jordanië, gevind. Wat die ontdekking uniek maak, is dat die kaart nie op papier geteken is nie,...
Wat maak ek met my kans?
Soos ons deur die pekanneutboord beweeg en snoei en spuit, is ek weer verwonderd oor die natuur. 1 300 bome wat almal saam geplant is, wat dieselfde water kry, dieselfde bemesting, dieselfde snoei, dieselfde reën... Elkeen van die 1 300 bome het dieselfde geleentheid...
Moets en moenies van kerkwees
In ’n lekker warm debat raak ons nou die dag aan die praat oor wat die Kerk alles moet en nie moet doen nie. Gelowiges, almal van ons, raak ons toe sommer lekker warm, warm soos die Laeveld maar is, want ons liefde vir die Here en die Hervormde Kerk is vol passie. By...









