Artikels
Hou ons weer eredienste of nie?
Moet ons Sondag ’n erediens hou of nie? Sou jy jou ’n jaar gelede kon voorstel dat kerkrade enigsins hieroor kan wonder? Die aankondiging dat Suid-Afrika op 1 Junie 2020 na Vlak 3 van die ramptoestand beweeg en dat gemeentes toegelaat sal word om onder streng...
As die swart hond begin grom…
Vreemde tye waarin ons ons bevind. ’n Persoon wat meestal blymoedig is, voel op ’n dag die lou asem van die swart hond teen haar been. Die koue vingers van vrees om haar keel. Die een wat altyd en veel lees, vermy eensklaps die gedrukte woord. Bly weg van die koerant,...
Bly gemotiveerd deur moeilike tye
Dit maak nie saak wie jy is, wat jou naam is, waar jy vandaan kom of hoeveel geld jy in jou bankrekening het nie, pyn is ’n onafwendbare deel van die lewe. Jy kan hom nie systap of ontglip nie. Niemand van ons word gevrywaar nie. Wat kan ek dan doen om in moeilike tye...
Die kruisverhaal in Koptiese Evangelies
Met argeologiese ontdekkings moet ’n mens gedurig onderskei tussen egte artefakte, vervalsings, versinsels en tradisies wat gemeenskappe vir hulself opgemaak het om sekere dinge duideliker te verklaar. ’n Goeie voorbeeld van so ’n tradisie waarmee ’n gemeenskap iets...
Perskebome van dankbaarheid
’n Man het sy 80-jarige buurman dopgehou terwyl die buurman besig was om ’n klein perskeboompie te plant. Jy verwag seker nie om perskes van daardie boompie te eet nie? vra hy vir die bejaarde man. Die oubaas rus op sy graaf en antwoord: Nee, op my ouderdom is dit...
Tyd verstreke
In hierdie grendeltyd kan dié van ons wat in ons “herfsjare” is, terugkyk op ’n lang pad met parkeermeters wat steeds aanstap. Pragtige jare. Soms is daar mense wat dink persone van 70 jaar het nou hul rakleeftyd bereik. Dit is nie waar nie. Op hierdie gryse ouderdom...
Wie is agter die masker?
Oor die jare heen het daar al menige groot filmtreffer gedraai waar die onbesonge held of vreesaanjaende boef ’n masker dra, óf om sy identiteit geheim te hou, óf om grillerige letsels uit vorige skermutselings weg te steek! Maar die interessantheid lê daarin dat die...
Nuwe kategesehandleidings – ’n nimmereindigende proses
Soos ’n predikant elke Sondag die eeueoue Bybelse boodskap opnuut met die beste moontlike teologiese insigte en tegnologie moet oordra, so behoort die Kerk vir elke nuwe generasie met die benutting van die beste, nuutste insigte op alle relevante terreine...
Liefde in die tyd van korona
My seuntjie is 15 maande oud, en genugtig, hy hou sy mamma en pappa uiters besig tydens hierdie buitengewone grendeltydperk. Hy is beslis nie stout nie – net nuuskierig en ondersoekend met ’n lekker skeppie ondeundheid! En tog sê hy met groot oë Stout! elke keer as hy...
Net geraas? Praat saam, maar oor iets (Iemand) anders
Ons ken almal die grappie dat ’n mens tieners in diens moet neem terwyl hulle nog als van alles af weet? Twieters is “tieners”. Wie twiet, weet klaar als en daar is geen ander uitweg nie. Alles is deesdae swart of wit is, álles; grys en gekleurd bestaan glad nie....









