Artikels
Wees jou predikantsvrou se vriendin
Wanneer ’n predikant ’n beroep na ’n gemeente aanvaar, verhuis die predikant en sy gesin na ’n nuwe omgewing en gemeenskap. Dit is sekerlik so met enige gesin wat besluit om te verhuis. Maar wat die pastoriegesin so anders maak, is dat predikante en hul gesinne...
Assiriese “bulla” in Jerusalem ontdek
Soms is argeoloë baie gelukkig om uiters waardevolle vondste te maak wat die geskiedenis interessant inkleur. In Augustus 2024 het die Israelse Raad vir Oudhede bekend gemaak dat daar by die suidelike muur van die Ou Stad van Dawid in Jerusalem ’n Assiriese bulla...
Net 200 jaar? Nee, nimmereindigende genade!
Die notule van die eerste onafhanklike Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk aan die Kaap lees soos enige kerkvergadering s’n: redelik vervelig. Maar daar is tog hier en daar ’n juweeltjie wat by nabetragting tot vandag toe nog lig werp op ons kerkwees in...
ABC-lys van goeie nuus
Ek hoor dikwels mense sê: Ek gaan nie meer nuus kyk nie, dis net slegte nuus. Misdaad, korrupsie en tragedies. Nou en dan is ’n mens gelukkig en dan het hulle so aan die einde van die nuus ’n goeie storie, ’n lekkervoelstorie, maar dis maar raar. Ons is honger na...
Terwyl die Kerk deur my vingers glip
Sensuur? Vir alle praktiese doeleindes bestaan sensuur nog net om predikante te tug, en dan ook meestal slegs oor lewenskwessies, selde oor dwaalleer. Wanneer ampsdraers tog getugtig word – as tugtiging immers is wat met sensuur bedoel word – is baie daaroor gegrief....
Ouma, ek soek ’n drukkie…
Klein Michael is knieserig. Hy sit by sy tafeltjie in Ouma se kantoor, lusteloos aan die speel met sy karretjies. Dan vra hy saggies: Ouma, ek soek ’n drukkie... Op die hoek by die verkeerslig kyk die dame met ’n moedige glimlag direk in my oë. Op haar bord is in...
TraumaNetwerk bied hulp aan slagoffers
Twee en ’n half minute nadat jy hierdie sin gelees het, sal iemand in Suid-Afrika aangerand word met die opset om ernstig te beseer. In dieselfde tydperk sal iemand ’n moordpoging oorleef. Na twee en ’n half minute gebeur dit weer. Hou aan tel. Twaalf minute van nou...
My Super Seekat Susters
So ’n jaar of wat gelede was daar ’n besonderse dokumentêre film van ’n filmmaker wat oor ’n klomp dae (oor ’n jaar lank) elke dag ’n seekat besoek en verfilm het. Hy het die wedervaringe en lewe van hierdie spesiale seekat vasgevang en met die wêreld gedeel. My...
’n Lang pad saam
Januarie 1960, en die matriekuitslae is uit. Nuwejaarswense is reeds vergete. Februarie begin die universiteit. Ek gaan ’n predikant word. Opgewonde. Uiters onseker en bang vir dit wat voorlê. Februarie 1960, en my tasse is gepak. My universiteitsloopbaan gaan weldra...
Al kom ek net tot op my knieë…
Op 12 November 2022 hou die aarde vir ’n paar sekondes op draai. Hy staan botstil... En op daardie oomblik word ek en Hans deel van die “klub” waarvan geen ouer deel wil wees nie. Ons pragtige seun is dood in ’n motorongeluk. Weg, om nooit weer sy ondeunde lag te hoor...









