Artikels
Stilbly is ook ’n antwoord
Ek is ’n pa van drie dogters. Pleks van saam met die rugbypa’s kantlyn langs agter die bal aan te hardloop en die “ref” sy fortuin te vertel, het ek my ewe stemmig langs die netbalbane probeer klein hou, want ma’s weet ook van netbalreëls, veel meer as ek of die...
Maak vol … met die regte dinge!
Toe my ma verlede jaar sterf, begin ek met die moeilike taak om haar huis, haar vyf kinders se veilige hawe, op te pak en tot niet te maak. Makliker gesê as gedoen! Met beperkte tyd om alles rustig deur te werk, beland die meeste van daardie kartondose by my adres. ’n...
Die prys van oorlog op argeologiese artefakte
Oorlog was nog nooit ’n mooi ervaring nie. Die oorlog tussen Israel en Hamas in die Gasastreek is ook nie ’n uitsondering nie. Sonder om op die politieke agtergrond van die oorlog in te gaan, kan daarmee volstaan word dat tussen 7 Oktober 2023 en die begin van 2024 in...
Die Bloedriviergelofte
Daar was nog altyd onder ons verskille, en soms ook ernstige geskille, oor hoe die 1938-gelofte op jaarlikse Geloftedagvieringe onthou en gevier behoort te word. Dat dit steeds ons erns is, is goed. Interpretasie van historiese dokumente en -gebeure Die Gelofte soos...
Israeli’s en Israeliete, Jode, Judeërs en Judaïste, en Palestyne…
Die hedendaagse staat Israel het dieselfde probleem wat Suid-Afrika voor 1994 gehad het: Hulle het die propaganda-oorlog verloor. Dit maak glad nie meer saak dat Israel die enigste (relatief) vrye demokrasie in die Midde-Ooste is nie, dit maak ook nie meer saak dat...
Stempel met die naam JESAJA daarop gevind
Die ontdekking van ’n kleistempel met die naam “Jesaja” daarop, het groot opgewondenheid in argeologiese en Bybelwetenskaplike kringe veroorsaak – veral onder diegene wat gemoeid is met Hebreeus en die Ou Testament. Dié stempel is boonop in ou Jerusalem gekry, slegs...
Oor mense, verhoudings en vergifnis
Ek is nie ’n predikant nie, maar indien ek was, sou ek heel waarskynlik gereeld gepreek het oor verhoudings en vergifnis. Die afgelope jaar het ek ’n hele paar mense teëgekom wat iemand wat hulle te na gekom het, nie kan vergewe vir dit wat hulle gedoen het nie. Dit...
In pas met die Lewende God: Ritmes en gewoontes van roepingsgetroue gemeentes
Hoe kry ek my gemeente om in pas met God se missionale ritmes te begin beweeg? Want soms raak ’n gemeente vasgeval in die moeras van kerk en kultuur en kort dit ’n hupstootjie. By IN PAS praat ons van hefboompraktyke wat gemeentes hiermee kan help. Daar is tans 15...
Soek elke dag ’n verskoning om iets te vier
Wat kom dadelik by jou op as jy dink aan viering? Ballonne, streamers, konfetti, sjampanje, kos, vreugde… Viering is soos versiersuiker op ’n koek, en die versiersuiker is mos die lekkerste deel daarvan. So is viering in die lewe ook die beste deel van die lewe. Ek...
’n Ou-tydse manier van tyd hou
2023 se dae en maande, ure en weke is omtrent nou op ’n drafstap. Haastig is 2024 op pad. Ons leef in ’n haastige wêreld. Jy moet jaag om by te bly, anders raak jy agter. Kalenders, dagboeke en alarms speel baas oor ons. Ons slimfone en rekenaars bewaar data-inligting...









