Artikels
Wat kan Simon die Seloot ons leer van ekstremisme?
Die afgelope ruk in ons gemeente se Bybelstudie is ons besig met die apostels. Van Petrus tot Judas Iskariot, het ons al 12 behandel so ver. Elke week het ons na een of twee apostels se lewens gekyk – wie was hulle? Waar het hulle vandaan gekom? Waar lees ons van...
Vennootskap tussen landbou en tradisionele leiers gee hoop
Grond is ’n baie sensitiewe saak in Suid-Afrika. Grondhervorming is uiters omstrede. Politici se uitdagende uitsprake oor hierdie onderwerp het oor die afgelope paar jaar gelei tot toenemende wantroue en verdeeldheid in die gemeenskap. Wie sou dus kon dink dat ’n...
Op die spore van missionale kerkwees
Op Woensdag 14 Augustus het die sesdejaar teologiestudente op ’n Noordwes-toer vertrek. Dié toer vorm deel van die nagraadse diploma wat studente van die NHKA en die NGK in hul finale jaar aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Die doel van die toer is om studente...
Wie’s die Dywel?
En toe vra hulle my sowaar om oor die Dywel te skryf – kan jy glo! Ek ken die ou nie eens nie; trouens, ek dink nie eens dat die Dywel enigsins bestaan nie. O gaats, dis seker gewaagd vir ’n dominee om te sê dat hy of sy nie in ’n Dywel glo nie. Maar vir enige een wat...
Gaan ons Museum oorleef?
(Foto’s: NHKA Argief, CJ de Bruin, Robert Erasmus, Diederik Kuhne, Neels Jackson, Nerine du Plessis, Google en Facebook)Iemand het ’n lappop op ’n ashoop weggegooi. Ons Museum bestaan nie uit ’n klomp weggooigoeters nie. Dis ook nie ’n garage wat net stoorplek is vir...
360º leierskap
Hierdie tyd van die jaar, rondom Augustus, is in baie huise ’n moeilike en einatyd, met die verkiesing van leerlingrade in skole. Sussa of Boeta het hul hart daarop gesit om verkies te word en word dan teleurgestel. As ouer is dit baie moeilik en seer om te troos en...
Karl Barth se boodskap vir die kerk van ons dag
Is ons nie terug waar Luther 500 jaar gelede, en Barth 100 jaar gelede was nie – baie goeie werke, en ’n afwesigheid van God? So vra prof Natie van Wyk in ’n voordrag op die Tydskrif vir Hervormde Teologie (THT) se jaarlikse simposium wat hierdie keer gehandel het...
Droogtehulp aan Calvinia en Williston
Suid-Afrika het die afgelope jare deur verskeie droogtes gegaan. Ons is diep dankbaar teenoor die Here vir die goeie reën wat in verskillende gebiede vir baie mense en diere uitkoms gebring het. Die droogte in die gebiede van Calvinia en Williston duur egter nog...
Vroue, en skoothondjies
Vrouedag vier sterk vroue, Uniegebou- en kaalvoet-oor-die-Drakensberg-vroue, pasboek- en bergpasvroue. Dis diep. Hierdie jaar lewer Vrouedag toe ’n nuwe Mejuffrou Suid-Afrika op. Dis vlak, so sê die twiete. Argaïes, ’n terugslag en ’n klap in die gesig van die...
Luister asseblief!
Dit neem nie lank om ’n ondersteuningsgroep vir vroue in die amp op sosiale media te vind nie. Die groepe is in elke land, in elke taal, want die ervaring van vrou in die amp wees, is in elke land, in elke taal. Ook in Suid-Afrika, in die Reformatoriese tradisie....









