Artikels
360º leierskap
Hierdie tyd van die jaar, rondom Augustus, is in baie huise ’n moeilike en einatyd, met die verkiesing van leerlingrade in skole. Sussa of Boeta het hul hart daarop gesit om verkies te word en word dan teleurgestel. As ouer is dit baie moeilik en seer om te troos en...
Karl Barth se boodskap vir die kerk van ons dag
Is ons nie terug waar Luther 500 jaar gelede, en Barth 100 jaar gelede was nie – baie goeie werke, en ’n afwesigheid van God? So vra prof Natie van Wyk in ’n voordrag op die Tydskrif vir Hervormde Teologie (THT) se jaarlikse simposium wat hierdie keer gehandel het...
Droogtehulp aan Calvinia en Williston
Suid-Afrika het die afgelope jare deur verskeie droogtes gegaan. Ons is diep dankbaar teenoor die Here vir die goeie reën wat in verskillende gebiede vir baie mense en diere uitkoms gebring het. Die droogte in die gebiede van Calvinia en Williston duur egter nog...
Vroue, en skoothondjies
Vrouedag vier sterk vroue, Uniegebou- en kaalvoet-oor-die-Drakensberg-vroue, pasboek- en bergpasvroue. Dis diep. Hierdie jaar lewer Vrouedag toe ’n nuwe Mejuffrou Suid-Afrika op. Dis vlak, so sê die twiete. Argaïes, ’n terugslag en ’n klap in die gesig van die...
Luister asseblief!
Dit neem nie lank om ’n ondersteuningsgroep vir vroue in die amp op sosiale media te vind nie. Die groepe is in elke land, in elke taal, want die ervaring van vrou in die amp wees, is in elke land, in elke taal. Ook in Suid-Afrika, in die Reformatoriese tradisie....
My kanseltrapgebed
Daardie oomblik wanneer dominees vinnig vóór hulle die kansel bestyg, stil staan by die voet van die preekstoel, het my nog altyd gefassineer. In daardie vinnige pouse, wat gaan alles deur die predikant se kop? Is dit ’n aarseling? Vra hulle iets vir die Here? Of haal...
Aftelling op pad na die 72ste Algemene Kerkvergadering
(Sondag 22 tot Donderdag 26 September 2019) Dis amper die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se Algemene Kerkvergadering (Algemene Sinode) en ek wou al lankal ’n aftelling soos hierdie aanpak – en toe het dr Wouter van Wyk, sekretaris van die Kommissie van die...
Virtueel maar werklik
Gister speel ek en my seun ʼn rekenaarspeletjie. Dit is ʼn motorresies. Ons jaag deur die strate met renmotors en hy kry tog te lekker wanneer ek kort-kort die pad byster raak en my vuurwa in digitale stukke uitmekaarval. Elke keer as dit gebeur, dan vibreer die...
Die Hervormde Teologiese Kollege by die halfpadmerk van 2019
Die Hervormde Teologiese Kollege, of HTK soos algemeen in die Kerk bekend, is op 1 Januarie 2000 in die lewe geroep, en die eerste voltydse hoof was prof TFJ (Theuns) Dreyer. Die ooreenkoms wat met die Universiteit van Pretoria gesluit is, het kortweg daarop neergekom...
Die jeug se behoefte: Nie “cool” nie, maar warm!
Jong mense – nee almal van ons – het ’n kerk nodig wat ’n warm, verwelkomende en opregte geestelike tuiste bied. Jesus het so ’n gemeenskap gevind as ’n 12-jarige tienerseun, terwyl Hy tydelik vir drie dae geskei was van sy ouers. Lees gerus weer Lukas 2: 41-52 en...









