Artikels
Afgeleer
Ek onthou die sewentigs, maar nie met nostalgie nie. Self ’n tiener, het ek met afgryse beelde gesien van kinders jonger as ek, wat teen die polisie politiek speel. Kinders wat op skool moes wees, maar juis in geen klaskamer dood gesien wou wees nie. Die ironie! Dit...
Baie méér as edelstene
’n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. (Spreuke 31: 10, AFR83) Dis tyd. Tyd om selfoon skoon te maak. Die gewoel van die lewe en besig wees, en sy deurmekaar-geit spoel soms oor na my selfoon se galery. Selfoon skoonmaak, en onnodige prentjies uitvee, is...
’n Ander agenda
In Brittanje was ek in die beheerraad van ’n liefdadigheidsorganisasie. Dié ding het sy eie moeilikheid gehad: Dit moes alles vir almal probeer wees en was op die ou end toe nie veel vir enigeen werd nie. Maar dit is lewend gehou want dit was die politiek korrekte...
Ons kerklied
Die Bybel roep ons as gelowiges op om tot eer van die Here te sing. ’n Kerklied verskil egter van gewone liedere – die inhoud, taal en melodie is anders. Van vroegste tye af, sedert die volk Israel begin het om die Here hul God te dien en te verheerlik, was die sing...
Die skoonheid in onvolmaaktheid
Die Japannese kunsvorm Kintsugi is die kuns om die krake in gebreekte potte en bakke met goud te herstel. Die resultaat is ’n pot en bak wat baie sterker is en meer waardevol is as die oorspronklike kunswerk. Kintsugi is sedert die laat 1600’s en vroeë 1700’s in Japan...
Lekker sielekos
Iets waaroor ons almal redelik liries kan raak, is kos. As iemand ’n lekker dis beskryf, is dit nie moeilik vir ons om dit te visualiseer nie. Ons monde begin spontaan water. Ons hou van lekker eet. Ons sê ook mos soms grappenderwys: Ons lyk so lekker, want ons eet so...
Warmplek
Daar gaan al hoe meer stemme op dat aardverwarming nie ons skuld is nie. Daardie stemme sluit selfs Nobelpryswenners in. Aardverwarming is ’n gegewe, maar wat betwis word, is of ons industrieë regtig kweekhuisgasse afgee wat verwarming van die planeet veroorsaak. Die...
Ek dring aan… Verdra mekaar in Liefde
Die 94ste viering van die Wêreldbiddag vir Vroue vind plaas op Vrydag 1 Maart 2024. Hierdie ekumeniese biddag vir vroue vind jaarliks regoor die wêreld plaas op die eerste Vrydag in Maart. Ongeveer 175 lande vorm ’n gebedsketting waar vroue in plaaslike gemeentes en...
Stilbly is ook ’n antwoord
Ek is ’n pa van drie dogters. Pleks van saam met die rugbypa’s kantlyn langs agter die bal aan te hardloop en die “ref” sy fortuin te vertel, het ek my ewe stemmig langs die netbalbane probeer klein hou, want ma’s weet ook van netbalreëls, veel meer as ek of die...
Maak vol … met die regte dinge!
Toe my ma verlede jaar sterf, begin ek met die moeilike taak om haar huis, haar vyf kinders se veilige hawe, op te pak en tot niet te maak. Makliker gesê as gedoen! Met beperkte tyd om alles rustig deur te werk, beland die meeste van daardie kartondose by my adres. ’n...









