Artikels
Die verhaal van my ouma Clara
My ouma, Clara Horn, het op 31 Mei 2023 ’n volle 100 jaar oud geword. Ek wou so graag haar storie deel terwyl sy nog met ons was, maar sy is Woensdag 21 Junie oorlede. Clara Oosthüyzen is op 31 Mei 1923 op die plaas Diepsloot gebore. Haar skoolopleiding begin by...
Uitbranding
Daar is altyd ’n “olifant” in die vertrek wat ons nie wil raaksien nie. Met hierdie paar woorde wil ons juis oor so ’n “olifant” praat, een wat ons as predikante moeilik herken en erken, omdat dit baie keer in ons persoonlike blindekolle val. Wanneer ons dan wel in...
’n Boer kom nooit verniet in die veld nie
Ek het die voorreg gehad om my pa onlangs te kon begrawe. Alhoewel hy ook sy foute gehad het, is daar pragtige dinge en gesegdes van hom wat my lewenslank sal bybly. Op grond van die waarde daarvan, het ek die vrymoedigheid om dit met ander te deel. As merino- en...
Die liturgiese kalender
Waaroor sal ek Sondag preek? Waaraan sal ons in hierdie week of maand aandag gee in ons eredienste? Ek het al dikwels oor ’n preektema kers opgesteek by prof Natie van Wyk se weeklikse inligtingstukkies oor die liturgiese jaar soos dit ’n paar jaar gelede in ons...
’n Clarens-liefdesverhaal
Ek en my gesin het onlangs in die Noordelike Drakensberge naby Clarens vakansie gehou. Clarens is vernoem na die dorpie Clarens in Switserland. Clarens in Switserland is waar president Paul Kruger die laaste jare van sy lewe deurgebring het. Sy huis daar is op die...
Digkuns vir bleeksiele
In ’n artikel in die ATKV se Taalgenoot in Februarie 2021 vra Schalk Schoombie: Afrikaans skrik nie vir swets nie. Maar hoort vloekwoorde en kruhede in die digkuns, waar woorde fyn gekeur en ekonomies ingespan word? In dieselfde artikel stel Antjie Krog dit só: Ek is...
God práát met my!
Skoonpa was gelukkig ouderling in die NG Kerk en nooit in mý kerkraad nie. Want pa Chris was kwáái! Ek kén kwaai lidmate, só goed dat ek al daaraan gedink het ek kon my uitgee as gesout. Pa Chris het ’n sêding gehad: Issít? met die tweede “i” lank uitgerek. Dan weet...
Die kroon
Die een wat die Britse kroon dra, so staan dit konstitusioneel vas, is “die beskermheer van die geloof”. Met die kroning van Charles en Camilla is dit die rol waartoe hulle hulle tegnies gesproke moet verbind. Die laaste lidwoord is belangrik: Die monarg is nie...
Om skade aan die tempel te herstel
Tinder is goed vir jou, sê die pouslike hoogheid Fransiskus I. En wat die Katolieke Kerk oor seks leer, is in sy kinderskoene. Ek bloos namens die Roomses om al die verkeerde redes; dié metafoor slaag nie! Maar tog, so berig Aina J Khan, ’n vryskutjoernalis by NBC...
Gaan jy Hom ken as Hy voor jou staan?
Maria Magdalena het nie meer trane oor nie. Sy is moeg en gedaan en het uitgeput by die deur gesit en gewag dat die eerste sonstrale die horison in die ooste verkleur. Haar mandjie was reeds gepak: sagte linnedoeke, reukolie en ’n bossie veldblomme. Die voëls het die...









