Artikels
Waarom op 25 Desember Kersfees vier?
Hoe 25 Desember die datum vir Kersfees geword het, het al tot heelwat wanvoorstellings gelei. Kersfees word tradisioneel gevier as die dag wat Christene glo Jesus se geboortedag is. Die Bybel, in besonder die Evangelies en Handelinge, noem geen datum, tyd of jaar...
Fiks… maar moeg
Elke dag as ek en my dogtertjie by die huis stop [terwyl mamma elke moontlike sak (gelyktydig) probeer dra – want behoed my as ek meer as een keer moet loop], hardloop my driejarige en skreeu uit volle bors: Ek gaan jou wen, Mamma ... en elke dag is sy eerste by die...
Nuwe ontdekkings oor koning Hiskia
In die Siloamtonnel wat onder die Ou Stad van Dawid aan die oostelike kant van Jerusalem loop, het argeoloë in 2022 ’n vars ontdekking gemaak en die fragment van ’n klein steentjie van sandsteen gekry waarop blykbaar na koning Hiskia verwys is. Die Siloamtonnel...
Lig van Waarheid – ’n Kersoratorium vir die kerk
Suid-Afrikaanse kore vaar al vir ’n hele aantal dekades skitterend in internasionale kompetisies en op verhoë. ’n Mens sou selfs verder kon gaan deur te argumenteer dat hierdie liefde vir koormusiek eg deel is van ons Afrikaanse kultuur. So word daar in hierdie...
Gegraveerde steen werp nuwe lig op Bybelse term
Soms kom ’n mens ’n uiters seldsame uitdrukking in die Bybel teë waarvan die betekenis nie presies duidelik is nie. Dan maak argeoloë ’n ontdekking van ’n artefak wat skielik lig werp op die bedoeling van so ’n uitdrukking. ’n Sprekende voorbeeld hiervan is die...
Waar kry ons ’n predikant?
Die meeste gemeentes en lidmate aanvaar deesdae dat daar predikante is wat beroep kan word. Daar was immers die afgelope halfeeu baie predikante, ja, op ’n tyd selfs ’n surplus predikante, sodat matrikulante huiwerig was om teologie te gaan studeer weens die min...
Rosettasteen help om hiërogliewe te ontsyfer
Die Rosettasteen word beskou as een van die belangrikste artefakte wat nóg ontdek is om die skrifstelsel van Egiptiese hiërogliewe te ontsyfer. Dié steen is op 15 Julie 1799 tydens Napoleon Bonaparte se veldtog in Egipte deur die Franse ingenieur Pierre Francois...
Brug uit die tyd van Nero ontdek
In Rome, Italië, het die oorblyfsels van ’n ou brug uit die tyd van keiser Nero skielik in Junie 2022 bo die watervlak van die Tiberrivier begin uitsteek as gevolg van die droogte wat die land beleef het. Navorsers wat die oorblyfsels van die brug ondersoek het, meen...
Dit is ’n gejaag na wind
Soos gewoonlik, is ek weer op punt nommer 99.99999. Ja, mense, ek kan myself in sirkels draai. Dit wil voorkom asof ek niks kan doen of bereik indien dit nie met ’n adrenalien-opwelling is nie. Ek het ook nogal gewonder of dit dalk ’n teken is van ons moderne tyd… Ons...
Kostelike herinneringe
Die afsterwe van prof Gert Pelser bring by my herinneringe van wat ek en hy beleef het toe ek nog ’n BD-student was, van 1971 tot 1973. Ons studente het vir hom hoë agting gekoester en hy was eintlik vir ons ’n vriend wat ons baie waardeer het. Ons treur oor sy...









