Artikels
God se planne is beter as myne
Toe Naomi as verarmde weduwee terugkeer uit Moab, was oorlewing haar belangrikste motief. Leeg in Rut 1: 21 beteken dat sy geen manlike familielede gehad het om vir haar te sorg nie. Sy neem selfs vir God kwalik. Sy noem Hom El Shaddai, wat “Almagtige” beteken maar...
Waar sal my hulp vandaan kom?
Die groot trek Brittanje toe was om verskeie redes moeilik. My biblioteek sou moes agterbly. Ons kon die minimum basiese items saamvat, en net my boeke was al ’n kamer en nog ’n paar boekrakke vol, elkeen van hulle al gelees, sommige so lanklaas dat hulle hand opsteek...
’n Goue kraletjie van 3 000 jaar gelede ontdek
In Augustus 2020 het ’n negejarige seun, Binyamin Milt, in die grond van die Tempelberg ’n goue kraletjie ontdek wat bykans 3 000 jaar oud is. Die siftingswerk op die Tempelberg is ’n projek wat gedurende 2004 begin het nadat ’n Moslemgroep tussen 1996 en 1999, sonder...
Advent oorgeslaan?
Advent is nog nie Kersfees nie, en Advent is nóóit pret nie. Kan ons Advent oorslaan? Baie mense doen dit, veral vanjaar, want 2020 was só moeilik dat ons vir die gewroeg van Advent ook nog, nie kans sien nie. Die toonaard van Advent is verlange en versmagting na God....
Uit die hart van ’n Hervormer
Vir my om van die NHKA afskeid te neem, was soos ’n begrafnis. Dit was soos ’n uiters finale groet en ’n wete dat dinge van nou af aan onherroeplik verander het. Vir soveel jare het niks anders my, my menswees, my persoonlikheid of my lewensdoel gedefinieer behalwe...
Kersgedagte
Daar is mense in die wêreld wat die idee het dat God die een of ander tiran is wat daarop uit is om enigiemand wat nie voldoen aan sy verwagtinge nie, te kasty en te straf. Kersfees vee al sulke idees van die tafel af. Die beeld van ’n harde God wat net daarop uit is...
Dankie vir die Bybel 2020-vertaling!
Die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans het in 1933 verskyn. In 1953 is daardie vertaling hersien en opnuut uitgegee. Ons sou 30 jaar wag vir ’n volgende vertaling. ’n Dinamies-ekwivalente Afrikaanse vertaling van die Bybel (wat die Bybel laat klink het of dit...
Ewigheidsondag en die herhalende kring van beginne en eindes
Toe ek in standerd 7 (graad 9) was, het my Afrikaanse onderwyseres ’n klein groepie in ons klas uitgedaag om Dalene Matthee se Kringe in ’n bos te lees tydens ons Desembervakansie. In ons destydse kurrikulum is die boek eers in standerd 8 (graad 10) voorgeskryf. Ek...
Hoe vroue se koppe werk (en ook nie werk nie)
Evolusionêr gesproke is ons makgemaakte jagters/versamelaars. Vir bykans 200 000 jaar, van voor ons nog ’n ploegskaar in die grond gedruk het of voordat ons nog enige woord kon skryf of stede kon bou, was ons voorouers nomadies. Die mans het gejag en die vroue het kos...
Hout dryf
Dis vir buitestanders moeilik om die bestaanskrisis te verstaan wat die uitslag van hierdie Amerikaanse verkiesing by die helfte van die bevolking daar ontketen het. Ek begryp dit glad nie. Toegegee, ek kon Amerikaners nog nooit kleinkry nie, en om met hulle saam te...









