Artikels
Die seën van die Here – ’n troosvolle liturgiese element
Die seëngroet aan die begin en einde van die erediens is nie bloot ’n handeling waarmee die dominee die diens begin en afsluit nie. Die seën van die Here is ’n betekenisvolle element van die erediens wat die dominee met eerbied uitspreek en deur die gemeente met...
Wie (be-)rus by die kerk?
Die virus onthul toe ook ander dog nie net nuwe “siektes” nie. Praktiese Teologie se prof Koos de Wet het eendag tydens ’n rookpouse buite Lettere II dié wysheid kwytgeraak toe ons ewe vroom neus optrek vir die evolusie van Die Huisgenoot, die geskinder van Rapport se...
Covid-19: ’n Angstige, ontwrigtende en onsekere tyd
Die angstige, ontwrigtende en onsekere tyd waarin ons ons tans bevind, is ’n tyd wat so baie geleenthede bied om nuut en kreatief oor die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus na te dink. Die Hervormde Kerk en die wyse waarop dienswerk in verskillende...
Dink nou anders oor kerkwees
Die afgelope weke het die Covid-19 krisis ons land en ons kerke getref. Pres Cyril Ramaphosa het verskeie noodmaatreëls aangekondig waarby almal in die land moet hou, om sodoende die verspreiding van die virus te bekamp en lewensverlies tot ’n minimum te beperk. In...
Hoekom ons die kerk los
Die Kerk loop leeg. Nie net die Almanak-syfers sê so nie, die kerkbanke skreeu dit uit. Daar is natuurlik goeie redes waarom ’n mens jou nie daaroor moet verknies nie, en ewe goeie redes om jou snags te laat wakkerlê. Josh Daffern maak op die webwerf Patheos (...
Die bouers en die brekers
In elke interaksie het elkeen van ons die geleentheid om die ander persoon op te bou, of af te breek… So klink Jo Black se woorde tydens ’n onderhoud op die kykNET-program Reis na gister. Dié woorde laat ’n blywende indruk op my – na ’n moeilike paar weke by die werk...
’n Tempel buite Jerusalem ontdek
Argeoloë het nét sewe kilometer noordwes van Jerusalem ’n ontdekking gemaak wat die wêreld verstom het. Hulle het ’n tempel uit die Ystertyd II-tydperk (10de tot 6de eeu voor Christus) ontdek wat gedurende dieselfde tyd as die tempel van Salomo gefunksioneer het. Nie...
Die jeug en konnektiwiteit
Konnektiwiteit is iets wat alle jongmense verstaan, maar besef ons altyd dat ons konneksie met God moet wees? God het reeds hande na ons toe uitgesteek, die vraag is: Wat is ons respons daarop? Konneksie en konnektiwiteit is nie noodwendig terme wat daagliks in ons...
’n Antwoord op die mening oor Liewe Jesus
Ek is persoonlik geen “vriend” (woordspeling?) van die soetsappige Liewe Jesus nie. Ek was dit nooit. Net soveel grief die oor-familiêre, piëteitlose gebruik van die woord Jahwe my. Die gebruikers daarvan het heel duidelik geen idee van die heiligheid van die...
Jou daaglikse geestelike skoonheidsroetine
’n Bekende kosmetiese maatskappy het ’n promosie geborg waarin mense gevra is om foto’s en briewe te stuur van die mooiste vroue wat hulle ken. ’n Brief wat ingestuur is deur ’n jong seun het veral aandag getrek. Uit die brief was dit duidelik dat hy uit ’n gebroke...









