Artikels
Die bediening in Paraguay in 2019
Soos altyd, was dit ’n voorreg en vreugde om vanjaar die lidmate in Paraguay te bedien. Hierdie voorreg word finansieel moontlik gemaak deur ’n aantal borge in Suid-Afrika, maar grootliks deur die lidmate in Paraguay. Daarmee saam maak gemeentes Nelspruit en...
Wie kwalifiseer vir staatspensioen en hoe kry ek dit?
Die jare stap aan, en eensklaps moet groot besluite geneem word oor die lewe na aftrede. Gaan die beskikbare fondse genoeg wees om ’n sekere lewenstandaard te handhaaf? Moet ’n toelae van die staat nie dalk oorweeg word nie? Staatstoelae het aan die begin van 2019...
Suid-Afrika in September 2019
DEEL 1 – DIE AGTERGROND Donderdagmiddag 15:00 is nie gewoonlik ’n stil tyd op kampus nie. Maar op 5 September voel die kampus soos ’n verlate stofstraatdorpie in ’n cowboy-fliek. ’n Mens verwag dat ’n tolbos nou enige oomblik oor die laning tussen die Teologiegebou en...
Sê jou sê, ongeag…
Ek worstel deesdae met dié kwessie: Word ons progressief dommer? En nee, ek praat nie van minder geleerd, met minder kwalifikasies, ’n onvermoë om wiskundige of natuurwetenskaplike feite te snap nie. Daarvoor ag ek die geesteswetenskappe en gepaardgaande vermoëns...
Kom ons sit weer saam aan tafel
Reg deur die Bybel lees ons van mense wat bymekaar kom en saam eet. Jesus gee aan baie mense kos, maar Hy eet ook saam. Sekerlik die bekendste ete is die maaltyd wat Jesus saam met sy dissipels genuttig het net voor sy kruisiging. En ons lees in Lukas 22: 15 dat Jesus...
Wat kan Simon die Seloot ons leer van ekstremisme?
Die afgelope ruk in ons gemeente se Bybelstudie is ons besig met die apostels. Van Petrus tot Judas Iskariot, het ons al 12 behandel so ver. Elke week het ons na een of twee apostels se lewens gekyk – wie was hulle? Waar het hulle vandaan gekom? Waar lees ons van...
Vennootskap tussen landbou en tradisionele leiers gee hoop
Grond is ’n baie sensitiewe saak in Suid-Afrika. Grondhervorming is uiters omstrede. Politici se uitdagende uitsprake oor hierdie onderwerp het oor die afgelope paar jaar gelei tot toenemende wantroue en verdeeldheid in die gemeenskap. Wie sou dus kon dink dat ’n...
Op die spore van missionale kerkwees
Op Woensdag 14 Augustus het die sesdejaar teologiestudente op ’n Noordwes-toer vertrek. Dié toer vorm deel van die nagraadse diploma wat studente van die NHKA en die NGK in hul finale jaar aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Die doel van die toer is om studente...
Wie’s die Dywel?
En toe vra hulle my sowaar om oor die Dywel te skryf – kan jy glo! Ek ken die ou nie eens nie; trouens, ek dink nie eens dat die Dywel enigsins bestaan nie. O gaats, dis seker gewaagd vir ’n dominee om te sê dat hy of sy nie in ’n Dywel glo nie. Maar vir enige een wat...
Gaan ons Museum oorleef?
(Foto’s: NHKA Argief, CJ de Bruin, Robert Erasmus, Diederik Kuhne, Neels Jackson, Nerine du Plessis, Google en Facebook)Iemand het ’n lappop op ’n ashoop weggegooi. Ons Museum bestaan nie uit ’n klomp weggooigoeters nie. Dis ook nie ’n garage wat net stoorplek is vir...









