Artikels
Christene vergewe en versoen
My ouma het altyd gesê sy vergewe, maar sy kan nie vergeet nie. Sy was ’n kleuter toe die Kakies op hulle op hul plaas buite Parys toegesak het. Die Kakies het hul vee met bajonette doodgesteek, die plaashuis aan die brand gesteek en my oumagrootjie en haar kinders op...
As die Leermeester se mantel op jou val
Liturgie V: Voorganger G: Gemeente TOETREDE: Lied 464:1 en 2 1 O Heer my God, as ek in eerbied wonder – en al u werke elke dag aanskou: Die son en maan, die aarde, sterre, wolke, hoe U dit elke dag so onderhou... Dan moet ek juig, my Redder en my God! Hoe groot is U;...
Ag, liewe Jesus!
Lees tog asseblief wat hier geskryf is as satire. Dis hoe dit bedoel is. Sensitiewe lesers moet liewers verbyhou. God het in net 30 jaar evolusionêr verander, nee, gegroei! Of hoe? Dalk is revolusionêr ’n beter woord (meer gepas by die neomarxisme van die...
#IAmAndIWill
9,6 miljoen mense sterf jaarliks aan kanker. Dit is meer as die gekombineerde sterftes van MIV/vigs, malaria en tuberkulose. Daar word beraam dat teen die jaar 2030 sowat 13 miljoen mense jaarliks sal sterf as gevolg van kanker. Wêreldkankerdag op 4 Februarie elke...
Gryse jeug
Die soveelste katedraal wat ek in Januarie in Ierland betree het, begroet my met dieselfde gesig. ’n Paar bejaardes wat eerbiedig aan welke vorm van godsdiensbeoefening ook al deelneem. Met my terugkeer na ons eie land word ek weer ten seerste bewus van my eie...
Ouma is die mooiste woord
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee geleentheid vir mense om woorde te borg of te koop. Laurika Rauch, beskermvrou van dié inisiatief, het die woord deernis gekoop. Ander woorde wat onlangs geborg en gekoop is, sluit in dankie, inspirasie, koester en...
Lidmaat of ledemaat?
In die NHKA het ons dié twee al te dikwels met mekaar verwar. Dis seker te verstane, siende dat ons kom uit ’n onlangse verlede toe om aan ’n kerk te behoort nog in bykans al wat ’n openbare sfeer is, die deurslag gegee het. En natuurlik moes dit ook die “regte”...
Is jou selfoon jou baas?
Dis Maandagoggend laat en jy het pas by die werk ingestorm. Jou vergadering het reeds begin, en jy is laat! Jy skarrel om te krap in elke sak, want jou selfoon is net nêrens nie. Skielik besef jy dat jy dit tuis vergeet het! Jou kop draai soos jy probeer uitwerk hoe...
Braakland
Ronnie Botha was ons skriba. Ronnie was nie net gelowig nie; Ronnie het oor geloof leiding gegee. Hy was ’n meningvormer. Ronnie het wysheid gehad. Ronnie kon fyn onderskei tussen wat wesenlik en randeiersaak is, en met ’n gestry oor beuselagtigheid het hy hom nie...
Wat as Kersfees nie meer so voel nie?
Wat as Kersfees nie meer so voel nie? Kan jy Kersfees onthou vir jou as kind? Daardie opgewondenheid? Die aftel van die dae – en nie om te kla oor hoe vinnig die jaar verbygegaan het nie, maar omdat Kersdag om die draai is. Ja, toe ons klein was, was deel van die...









